Page 290 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 290

 Diefalarm vereiste
Dit is ʼn voorvereiste tot die aanspreeklikheid van die Maatskappy dat indien daar ʼn diefalarm by die versekerde perseel geïnstalleer is, daar aan die volgende vereistes voldoen word:
1. die diefalarm wat op die perseel geïnstalleer is, moet ten volle geaktiveer wees wanneer die perseel nie vir normale huishoudelike aktiwiteite gebruik word nie, behalwe as enige lid van die huishouding of werknemer op die perseel is;
2. die versekering sal nie verlies van of skade aan eiendom insluit weens die gebruik van sleutels, die kontrolepaneelkode of afstandbeheer van die diefalarm, of enige duplikaat daarvan, wat aan die versekerde behoort, tensy genoemde sleutels, kontrolepaneelkode of afstandbeheer deur middel van diefstal bekom is nie.
Tensy spesifiek gespesifiseer tot die teendeel, sal alle persele deur só ʼn diefalarm beskerm word en verder word dit vereis dat:
1. die kontrak vir enige diefalarm die dienste van ʼn 24-uur gewapende reaksie-eenheid moet insluit;
2. die kontrolepaneel ʼn gebeurtenis-logboek sal hê waarin die aktivering en deaktivering van die alarmstelsel genoteer word, en na die gebeurtenis wat aanleiding gee tot ʼn eis, sal die Maatskappy daarop geregtig wees om alle inligting van die relevante logboek te versoek;
3. sodanige alarm in goeie werkende toestand gehou sal word, dit sal geag word dat die Versekerde hy/sy verpligtinge nagekom het ten opsigte van die instandhouding van die alarm deur middel van ʼn instandhoudingskontrak met die installerings-/diensmaatskappy van die alarmstelsel;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
dekking sal steeds van krag wees terwyl die alarmstelsel nie in ʼn werkende toestand is nie weens die onderbreking van die openbare elektrisiteitsvoorsiening vanaf die eindpunte van die voorsieningsgesag se bron van toevoer, en dat sodanige onderbreking nie as gevolg van enige aksie of nalatigheid van die Versekerde is nie.
Diefwering en veiligheidshekke
Dit is ʼn voorvereiste tot aanvaarding van aanspreeklikheid ten opsigte van hierdie Afdeling dat alle buitedeure met veiligheidshekke toegerus is en alle oopmaak gedeeltes van eksterne vensters deur middel van diefwering beskerm word, tensy andersins spesifiek gespesifiseer in die Skedule.
Inflasie
Die versekerde bedrag ten opsigte van die inhoud hierkragtens verseker, sal maandeliks outomaties met 'n persentasie ooreenstemmend met prysindekse verhoog word.
Geen premie-aanpassing sal gedoen word tot die verjaringsdatum wanneer die premie dan op grond van die aangepaste bedrag bereken sal word nie. Hierdie stel die Versekerde nie kwyt van sy/haar verantwoordelikheid om te verseker dat die versekerde bedrag ten alle tye die volle vervangingswaarde van die eiendom verteenwoordig nie.
Meer as een woning
Indien die inhoud van meer as een private woning as afsonderlike items verseker is, sal die bepalings, voorwaardes, beperkings en uitsonderings hierin vervat afsonderlik op elke item van toepassing wees asof elk kragtens 'n afsonderlike Polis verseker is.
Persele onbewoon gelaat vir meer as 60 (sestig) dae
Indien enige versekerde gebou of ʼn gebou(-e) wat versekerde eiendom bevat, vir 60 (sestig) opeenvolgende dae onbeset gelaat word, word die versekering ingevolge Onderafdeling A – Eiendom opgeskort ten opsigte van die geraakte eiendom, tensy die Versekerde voor die plaasvind van enige sodanige skade die skriftelike toestemming van die Maatskappy bekom vir die voortsetting van hierdie Uitbreiding.
Vervangingswaarde voorwaarde
Die grondslag waarop die bedrag betaalbaar vir ʼn eis ten opsigte van inhoud bereken word, sal beide insluit:
1. die vervanging van die inhoud deur soortgelyke eiendom in ʼn toestand gelyk aan, maar nie beter of meer omvangryk as die toestand toe dit nuut was nie; of
2. die herstel van die inhoud tot ʼn toestand naastenby dieselfde as, maar nie beter as die toestand toe dit nuut was nie;
Huisbewoners
  Bladsy | 288 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022










































































   288   289   290   291   292