Page 292 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 292

 1. ʼn selfaangedrewe rolstoel; en/of
2. veranderinge aan die versekerde se privaat woning geleë by die risiko-adres soos in die Skedule vermeld om voorsiening te maak vir die gebruik van sodanige rolstoel;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van hierdie Afdeling, sowel as enige ander Afdeling waarvolgens hierdie Uitbreiding van toepassing mag wees, nie R20 000 (twintig duisend rand) per enige enkele gebeurtenis sal oorskry nie.
Geld
Die Maatskappy sal die verlies van geld of verhandelbare instrumente betaal, mits daar sigbare tekens van gewelddadige en kragdadige betreding tot of verlating uit die Versekerde se perseel is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Aanspreeklikheid van die Maatskappy ten opsigte van geld wat nie in ʼn geslote kluis bewaar is nie, tot R1 000 (een duisend rand) beperk sal word vir een enkele gebeurtenis;
2. die Aanspreeklikheid van die Maatskappy ten opsigte van geld wat in ʼn geslote kluis bewaar is, beperk sal word tot R5 000 (vyf duisend rand) vir een enkele gebeurtenis en die Versekerde sal verantwoordelik wees vir die eerste bedrag betaalbaar van R500 (vyf honderd rand) vir ieder en elke eis.
Huishoudelike personeel se eiendom
Die Maatskappy sal verlies of skade aan die huishoudelike goedere en persoonlike besittings insluit wat aan die Versekerde se huishoudelike personeel behoort wat veroorsaak is deur ʼn versekerde gebeurtenis in die woning of enige van die buitegeboue, uitgesonderd geld en verhandelbare instrumente;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. verlies of skade as gevolg van diefstal uitgesluit is, tensy sodanige diefstal gepaard gaan met kragdadige en gewelddadige toegang tot of verlating van sodanige woning of gebou;
2. die aanspreeklikheid van die Maatskappy ten opsigte van enige enkele gebeurtenis nie R15 000 (vyftien duisend rand) sal oorskry nie.
Huishoudelike telefooninstrumente
Indien enige huishoudelike telefooninstrument (uitgesonderd sellulêre telefone) toevallig in die woning beskadig word, sal die Maatskappy die Versekerde tot en met R3 000 (drie duisend rand) per instrument vir enige enkele eis skadeloosstel.
Huurdersaanspreeklikheid
Skadevergoeding waarvoor die Versekerde regtens aanspreeklik gehou word om aan die huiseienaar van die Versekerde perseel te betaal voortspruitend uit verlies of skade deur enige van die gevare gespesifiseer hierbo tot sodanige deel of gedeeltes van die genoemde Versekerde Perseel (insluitend los en vaste toebehore wat die eiendom van die huiseienaar is) soos bewoon deur die Versekerde as huurder insluitend alle koste en uitgawes vir regsgeding wat daaruit voortspruit soos aangegaan deur die Versekerde met skriftelike toestemming van die Maatskappy;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die aanspreeklikheid van die Maatskappy kragtens hierdie Uitbreiding sal beperk wees tot en met R5 000 000 (vyf miljoen rand) ten opsigte van enige tydperk van versekering.
Inhoud van huishoudelike yskaste, vrieskaste, koelkamers en vrieskamers
Hierdie Afdeling sluit in die bederwing van die inhoud alleenlik as gevolg van die verandering in temperatuur voortspruitend uit onderbreking van krag weens ʼn toevallige gebeurtenis of onderbreking van krag wat deur openbare owerhede voorsien word (uitgesonderd beurtkrag), of die meganiese onklaarraking, of toevallige skade van enige yskas, vrieskas, koelkamer of vrieskamer in die Versekerde se woning;
Huisbewoners
  Bladsy | 290 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022











































































   290   291   292   293   294