Page 294 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 294
3.1 3.2 3.3 3.4
3.5
3.6 3.7
3.8
outomatiese swembadskoonmakers;
verlies of skade as gevolg van verweer en slytasie;
geleidelike agteruitgang;
verlies of skade regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur roes, of as gevolg van die uitvloei van water vanuit enige houer, insakking, grondverskuiwing of die ineenstorting van enige gebou;
die verkeerde gebruik van gereedskap of toerusting, eksperimente, opsetlike oorlading of die toevoeging van abnormale toestande;
skade wat voortspruit uit hidrouliese toetsing of wat gedurende roetine-ondersoek ontdek word;
skade as gevolg van onafskeidelike en verborge euwels wat aan die Versekerde of sy verantwoordelike werknemer(s) ten tye van die aanvaarding van hierdie versekering bekend was en nie aan die Maatskappy geopenbaar is nie;
herstel of vervanging:
3.8.1 3.8.2
toe te skrywe aan afslyting of wegtering van die materiaal van die aanleg, verwringing of vervorming wat stadig ontwikkel, of ander geleidelike agteruitgang van enige deel van die aanleg, onklaarraking van verbindings of lasse, gebrekkige ontwerp, vakmanskap of materiaal;
van sekerings of elektriese kontakpunte waar vonking of boogvorming plaasvind, verhittingselemente, kollektorborsels, sleepdrade, kleppe, matryse, vere, koppelaarplate, suierringe, pakstukke, seëls, omruilbare of ontbeerlike onderdele soos boorpunte, boorysters, snyers, messe, lemme, kettings, bande, verbindings- of digtings-/pakkingsmateriaal of toebehore soos smeltbare kragproppe, skuifpenne, veiligheidskakels en onderdele nie van metaal vervaardig nie (behalwe isolering van elektriese geleiers), transformatorolie of skakelaarolie of koelmiddels;
Huisbewoners
9. skade waarvoor voorsiening gemaak word kragtens die waarborg van die vervaardigers van enige elektriese toerusting;
10. die verwydering van enige onderdele;
11. die nalatigheid van die versekerde, of omdat die versekerde wat met die toestel gepeuter het;
12. ʼn ongekwalifiseerde persoon ʼn poging aangewend het om die toestel te herstel;
13. die verkeerde gebruik of gebruik anders as die normale gebruik waarvoor die toestel ontwerp is;
14. die weer, elektriese stoornis, brand, weerlig of diefstal;
15. stoornis tydens ontvangs, tensy dit as gevolg van foutiewe werking self is.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. Algemene Voorwaarde 33 – Eweredigheid nie van toepassing is nie;
2. die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van ʼn enkel gebeurtenis nie R15 000 (vyftien duisend rand). Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
3. die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees vir die eerste bedrag betaalbaar van R500 (vyf honderd rand) ten opsigte van elke gebeurtenis nie.
Motors en pomptoerusting
Die Maatskappy sal betaal vir die vervanging, of herstel van toevallige, onverwagse verlies, of skade aan vaste masjinerie slegs vir huishoudelike gebruik, swembaddens en filtrasietoerusting weens ʼn versekerde gevaar;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees om meer as R10 000 (tien duisend rand) vir enige een gebeurtenis te betaal nie.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
2. die Versekerde is verantwoordelik vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) vir elke eis;
3. die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees om die volgende te vergoed nie:
Bladsy | 292
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022