Page 296 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 296
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees vir die eerste bedrag betaalbaar van R500 (vyf honderd rand) ten opsigte van enige een gebeurtenis nie.
Stoor van inhoud na verlies
Die versekering kragtens hierdie Afdeling word uitgebrei om alle koste en uitgawes in te sluit wat deur die Versekerde aangegaan is om sodanige stoorruimte te bekom en om sodanige tydelike maatreëls te neem as wat redelikerwys nodig is na verlies van, of skade aan die versekerde eiendom deur enige versekerde gevaar, met dien verstande dat die aanspreeklikheid van die Maatskappy vir sodanige verlies of skade hoogstens R5 000 gedurende enige een versekeringstydperk beloop.
Toevallige dood
In die geval van toevallige liggaamlike besering aan die Versekerde of aan enige lid van die Versekerde se gesin wat normaalweg by die Versekerde inwoon binne die grense van die woning of die terrein van die woning en as ʼn regstreekse gevolg van die besering sterf, betaal die Maatskappy:
1. R7 500 (sewe duisend vyf honderd rand) vir ʼn persoon met ʼn ouderdom van 18 (agtien) jaar en jonger;
2. R15 000 (vyftien duisend rand) vir ʼn persoon met ʼn ouderdom bo 18 (agtien) jaar, maar jonger as 76 (ses en sewentig) jaar
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die dood binne 12 (twaalf) maande vanaf die besering intree.
Toevallige skade
Nieteenstaande enigiets strydig hierin vervat, word hierdie Afdeling uitgebrei om die volgende in te sluit:
Toevallige skade aan die inhoud behalwe Oudiovisuele Toerusting (soos omskryf in terme van die Oudiovisuele Toerusting Uitbreiding van hierdie Afdeling van die Polis), antennes en satellietskottels weens ʼn eksterne oorsaak terwyl in die geboue op die perseel;
MET DIEN VERSTANDE:
die Maatskappy nie aanspreeklik is nie ten opsigte van:
1. 1.1
brekasie van glas of porselein met inbegrip van erdegoed;
1.2 skade opgedoen deur slytasie en verweer, waardevermindering, muf, roes, motte, ongediertes, insekte, larwes, enige skoonmaak-, herstel-, restoureer-, of kleurproses, geleidelike agteruitgang wat die werking van lig, atmosferiese of klimaatstoestande insluit;
1.3 meganiese of elektriese onklaarraking;
1.4 kraak en krap van glasware, glas of ander bros artikels (tensy veroorsaak deur diefstal, poging tot diefstal, brand of ontploffing), behalwe juweliersware, kameras, vaste glas of TV-stelle.
1.5 die koste van reproduksie of heropstel van data of sagteware;
1.6 verlies van of skade aan mobiele elektroniese toestelle soos mobiele telefone, draagbare rekenaars, handtoestelle en globale posisioneringstelsels (GPS);
1.7 verlies of skade veroorsaak deur huishoudelike diere;
1.8 verlies of skade veroorsaak deur wilde diere of reptiele;
1.9 enige verlies wat kragtens ʼn ander klousule of afdeling van die Polis geëis kan word;
MET DIEN VERSTANDE VERDER DAT:
1. die Maatskappy se Aanspreeklikheid beperk is tot die bedrag per item soos vermeld in die Skedule, maar sal nie R15 000 (vyftien duisend rand) oorskry nie;
2. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) ten opsigte van ieder en elke eis;
2. Algemene Voorwaarde 33 – Eweredigheid sal nie van toepassing wees nie.
Bladsy | 294 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022
Huisbewoners