Page 297 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 297

 Huisbewoners
 Traumaberadingvoordeel
Die Maatskappy sal betaal vir professionele berading wat volg op trauma wat ontstaan het as ʼn gevolg van diefstal, poging tot diefstal, aanhouding of kaping op die versekerde perseel;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Aanspreeklikheid van die Maatskappy met betrekking tot enige een gebeurtenis nie R10 000 (tien duisend rand) sal oorskry nie.
Tuinuitleg
Die Maatskappy sal tot en met R10 000 (tien duisend rand) betaal vir kostes wat redelikerwys en noodsaaklikerwys aangegaan word deur die Versekerde vir die vervanging van bome, struike, grasperke, plante en vaste besproeiingstelsels geleë op die gronde van die versekerde geboue soos vermeld in die Skedule.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
Sodanige verlies of skade veroorsaak is deur:
1. brand, ontploffing of as gevolg van brandbestrydingsoperasies;
2. enige ander nooddiensoperasie;
3. impak van voertuie of lugvaartuie en ander lugtoestelle;
4. enige opsetlike of kwaadwillige handeling;
5. maar uitsluitend diefstal of poging tot diefstal.
Tydelike verwydering
Behalwe in die mate waarin dit andersins verseker is, word die versekerde eiendom verseker terwyl dit tydelik na ʼn ander plek verskuif word op die perseel wat in die Skedule vermeld word, of na enige ander perseel insluitende transito per pad, spoor of binnelandse waterweg op enige plek binne die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Eswatini (voormalige Swaziland), Zimbabwe, Zambië, Mosambiek en Malawi;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. tensy die doel van sodanige tydelike verwydering die skoonmaak, hernuwing, herstel of ʼn soortgelyke proses is, sal die aanspreeklikheid van die Maatskappy nie die bedrag van R15 000 (vyftien duisend rand) oorskry nie;
2. die bedrag wat ingevolge hierdie Klousule betaalbaar is, hoogstens die bedrag is wat betaalbaar sou gewees het indien die skade op die deel van die perseel plaasgevind het waarvandaan die eiendom tydelik verwyder is.
Veearts uitgawes en mediese voordele
1. Die Maatskappy sal mediese voordele betaal vir toevallige liggaamlike besering opgedoen deur enige:
1.1 persoon, behalwe die Versekerde en veroorsaak deur ʼn huishoudelike troeteldier wat aan die Versekerde behoort;
1.2 gas of besoeker as gevolg van ʼn gebrek in of op die Versekerde se perseel;
1.3 huishoudelike werknemer in die loop van hulle diens by die Versekerde.
2. Die Maatskappy sal ook betaal vir veearts uitgawes aangegaan as gevolg van toevallige liggaamlike besering opgedoen deur enige van die huishoudelike troeteldiere wat aan die Versekerde behoort as gevolg van ʼn voertuigongeluk.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die aanspreeklikheid van die Maatskappy ten opsigte van enige een gebeurtenis nie R10 000 (tien duisend rand) sal oorskry nie.
Verhoging van versekerde bedrag gedurende vakansieseisoen
Die Maatskappy sal die versekerde bedrag soos vermeld in die Skedule met 10% (tien persent) verhoog tydens die vakansietydperk vanaf 15 Desember tot 31 Januarie.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 295





































































   295   296   297   298   299