Page 299 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 299

 Huisbewoners
 2. die skadeloosstellingsperk ten opsigte van die koste van waterverlies nie R15 000 (vyftien duisend rand) per gebeurtenis of R50 000 (vyftig duisend rand) gedurende enige een versekeringstydperk oorskry nie;
3. dis ʼn voorvereiste vir aanspreeklikheid kragtens hierdie Uitbreiding dat, sodra ʼn lek ontdek word (deur fisiese bewys of na ontvangs van ʼn buitengewone hoë waterrekening) die Versekerde onmiddellike sal optree om die lekkasie te identifiseer en die betrokke apparaat/apparate of pyp/pype te herstel;
4. Bykomend sal die Maatskappy betaal vir die koste vir die identifisering van waterlekke op die perseel tot en met R5 000 (vyf duisend rand) per gebeurtenis of R10 000 (tien duisend rand) gedurende een versekeringstydperk;
5. Bykomend sal die Maatskappy betaal vir die koste vir die volmaak van ʼn swembad of dammetjies na instandhouding of herstelwerk tot en met R5 000 (vyf duisend rand) per gebeurtenis of R10 000 (tien duisend rand) gedurende een versekeringstydperk;
6. die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees om te betaal nie vir:
6.1 die koste van regstelling insluitende herstelwerk aan die betrokke apparaat/apparate of pyp/pype;
6.2 verliese as gevolg van:
6.2.1 lekkende krane, warmwatertoestelle, toiletstelsels, swembaddens of enige ander watertenk;
6.2.2 enige opsetlike verhandeling van die Versekerde;
6.2.3 krane of andersins krane wat oopgelos is na gebruik;
6.2.4 enige eenheid wat vir meer as 30 (dertig) aaneenlopende dae onbewoon gelaat is.
7. Die versekerde verantwoordelik is vir die eerste 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) vir ieder en elke eis.
Wilde diere (inhoud)
Die Maatskappy sal betaal vir verlies van of skade aangerig deur wilde diere aan die inhoud van die gebou(e) en buitegebou(e) soos vermeld in die Skedule. Vir die doel van hierdie dekking sal wilde diere nie as ongediertes beskou word nie.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy nie meer as R10 000 (tien duisend rand) sal betaal nie.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
2. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) vir ieder en elke eis.
OPSIONELE KLOUSULES EN UITBREIDINGS (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule) Gastehuise (akkommodasie en losies)
As teenprestasie vir die betaling van ʼn bykomende premie word hiermee verklaar en ooreengekom dat Onderafdeling A – Omskrewe Gebeurtenis 8 gewysig is om as volg te lees:
“8. Diefstal of enige poging daartoe, maar uitgesluit
1. diefstal (of enige poging daartoe) terwyl die gebou(e) of enige deel daarvan onbewoon gelaat, uitgeleen, uitverhuur of onderverhuur word deur die Versekerde, tensy sodanige diefstal (of enige poging daartoe) gepaard gaan met sigbare kragdadige en gewelddadige tekens tydens toetrede tot en die verlating van die gebou. Vir die doel van hierdie Onderafdeling 8(a) sal die akkommodasie van betalende gaste, besoekers, huurders en loseerders wat ʼn maksimum van vier (4) vertrekke in die gebou, of die getal vertrekke in die Skedule vermeld, wat ook al die meeste is, nie as uitleen, verhuring of onderverhuring van die gebou(e) geag te word nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Versekerde verantwoordelik sal wees vir die bykomende eerste bedrag betaalbaar van R500 (vyf honderd rand) bykomend tot die standaard eerste bedrag betaalbaar (buiten van toepassing op onbewoonde persele) ten opsigte van ieder en elke eis as gevolg van diefstal (of poging daartoe) wat nie gepaard gaan met sigbare kragdadige en gewelddadige tekens tydens toetrede tot en die verlating van die gebou nie.”
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 297









































































   297   298   299   300   301