Page 298 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 298

 Verlies van slotte, sleutels, sentrale sluitstelsels en afstandbeheerders
Die Maatskappy stel die Versekerde skadeloos ten opsigte van die koste van die vervanging van slotte, sleutels en afstandbeheerders insluitende die alarm-afstandbeheerder en, indien nodig, die herprogrammering van enige gekodeerde alarmstelsel van enige versekerde eiendom ná verlies van enige sleutel of alarmbeheerder van sodanige versekerde eiendom of, nadat die Versekerde rede het om te glo dat enige ongemagtigde persoon van ʼn duplikaat van sodanige sleutel of alarmbeheerder in besit mag wees;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van enige enkele gebeurtenis hoogstens R15 000 (vyftien duisend rand) sal beloop.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
2. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) ten opsigte van ieder en elke eis.
Verwydering van inhoud
Die Maatskappy sal skade insluit wat veroorsaak word deur brand, botsing of die omslaan van die vervoerende voertuig, wanneer die versekerde inhoud deur ʼn professionele verhuisingsmaatskappy gedurende ʼn permanente adresverandering verskuif word, of terwyl in transito na, of van enige bank, brandkluis of meubelbewaarplek;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
dekking vir toevallige skade uitgesluit is, tensy die Versekerde die Maatskappy versoek het om toevallige skade (uitgebreide dekking) te verleen.
Verwydering van puin
Die versekering onder hierdie Afdeling word uitgebrei om sodanige redelike kostes en uitgawes in te sluit wat noodsaaklikerwys deur die Versekerde aangegaan is vir die verwydering van puin na verlies of skade aan die versekerde eiendom weens ʼn gevaar waarteen hierkragtens verseker is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die aanspreeklikheid van die Maatskappy vir sodanige verlies of skade en koste en uitgawes in geheel nie meer as R20 000 (twintig duisend rand) is nie.
Die Maatskappy sal nie vir die volgende kostes of uitgawes betaal nie:
1. aangegaan tydens die verwydering van puin behalwe vanaf die terrein van sodanige eiendom wat vernietig of beskadig is en die gebied onmiddellik aangrensend tot sodanige terrein;
2. voortspruitend uit die besoedeling of kontaminasie van eiendom wat nie deur hierdie Polis/Afdeling verseker is nie.
Voltal (rolbal)
Indien die Versekerde ʼn voltal aanteken as amateur rolbalspeler, sal die Maatskappy die tradisionele viering wat gewoonlik daarmee gepaard gaan, tot ʼn koste van R2 500 (twee duisend vyf honderd rand) betaal. Die voltal moet deur die rolbalklub gesertifiseer word.
Waterlekke/Verlies van water
Die Maatskappy sal die Versekerde skadeloosstel vir die koste van waterverlies weens lekke uit pype in enige gebou en waarvoor die Versekerde verantwoordelik is om te betaal;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy die Versekerde slegs sal skadeloosstel vir die koste van bykomende waterverbruik in die geval waar die kwartaallikse watermeterlesing van waterverbruik die gemiddelde waterlesings met 50% (vyftig persent) of meer oorskry;
Huisbewoners
  Bladsy | 296 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022










































































   296   297   298   299   300