Page 301 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 301
Huisbewoners
Persele onbewoon gelaat vir meer as 60 (sestig) dae
As teenprestasie vir die betaling van ʼn bykomende premie word hiermee verklaar en ooreengekom dat die versekerde woonhuis hierin omskryf onbewoon gelaat mag word vir ʼn gegewe tydperk soos vermeld in die Skedule, gedurende enige versekeringstydperk, sonder dat die dekking vervat in Onderafdeling A – Eiendom, opgeskort word, soos bepaal in Spesifieke Voorwaarde – Persele onbewoon gelaat vir meer as 60 (sestig) dae, van hierdie Afdeling.
Toevallige skade (uitgebreide dekking)
As teenprestasie vir die betaling van ʼn bykomende premie word hiermee verklaar en ooreengekom dat Toevallige skade aangepas is om as volg te lees:
Toevallige verlies of skade aan:
1. inhoud binne die woning, buitegeboue of by die versekerde perseel tot en met die gegewe bedrag vermeld in die Skedule;
2. inhoud binne enige ander huis waarvan die adres gelys is in die Skedule tot en met ʼn bedrag van R20 000 (twintig duisend rand);
3. inhoud wanneer dit verskuif word deur ʼn professionele verhuisingsmaatskappy gedurende ʼn permanente verandering van adres tot en met die gegewe bedrag vermeld in die Skedule;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand).
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 299