Page 302 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 302
OMSKREWE GEBEURTENISSE 1. Verlies of skade
PERSOONLIKE ALLE RISIKO
1.1 Aan die geheel of ʼn gedeelte van die eiendom omskryf in die Skedule wat aan die Versekerde, sy/haar gade en/of lede van sy/haar familie, wat finansieel van die Versekerde afhanklik is en normaalweg by die Versekerde inwoon, behoort, veroorsaak deur enige ongeval, of teenspoed enige plek in die wêreld wat nie andersins uitgesluit is nie;
1.2 Die Versekerde verantwoordelik sal wees vir die gegewe eerste bedrag betaalbaar soos vermeld in die Skedule ten opsigte van ieder en elke gebeurtenis, behalwe vir ʼn eis wat verband hou met of veroorsaak word deur brand, weerlig of ontploffing.
2. Verliese as gevolg van afstandbeheerde versperring
2.1 Indien die Versekerde deur videowaarneming of beeldmateriaal (of enige ander onweerlegbare bewys) kan demonstreer dat ʼn poging aangewend is om die voertuig met behulp van die voertuigafstandbeheer te sluit, maar dat die sluitmeganisme deur diewe deur middel van ʼn elektroniese toestel versper is, sal sodanige bewys geag word voldoende te wees om aan die vereistes van kragdadige en gewelddadige betreding of verlating te voldoen vir enige verlies uit die kajuit of kattebak van die voertuig;
2.2 Waar die Versekerde volhou dat die voertuig gesluit was, maar daar geen bewys van kragdadige en gewelddadige betreding of verlating van sodanige voertuig is nie, dekking oorweeg mag word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die polisie-saaknommer aan die Maatskappy voorsien word;
2. dekking sal slegs van toepassing wees op eiendom wat afsonderlik en individueel in die Skedule gespesifiseer is;
3. na aftrekking van die gegewe eerste bedrag betaalbaar vermeld in die Skedule, die aanspreeklikheid van die Maatskappy verder beperk word tot die verminderde gegewe versekerde bedrag vermeld in die Skedule of R25 000 (vyf en twintig duisend rand) wat ook al die minste is, ten opsigte van enige een gebeurtenis;
4. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R 1 000 (een duisend rand) of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
indien die verlies van, of skade, erken word in terme van 2.2 hierbo vermeld, sal die Versekerde verantwoordelik wees vir ʼn bykomende eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R1 000 (een duisend rand) of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule.
OMSKRYWINGS
1. Gespesifiseerde Eiendom
Enige item of eiendom wat spesifiek in die Polisskedule omskryf word. Hierdie neig om baie waardevolle items te wees en tipiese voorbeelde hiervan is juwele, horlosies en skootrekenaars.
2. Ongespesifiseerde Eiendom
Klerasie en persoonlike besittings wat of gedra, of rondgedra kan word deur die Versekerde. Hierdie neig om minder waardevolle items te wees soos penne, grimering en handsakke. Ongespesifiseerde eiendom mag ook sporttoerusting en kruideniersware insluit;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
Die aanspreeklikheid van die Maatskappy ten opsigte van enige enkele gebeurtenis sal nie 25% (vyf en twintig persent) van die totale versekerde bedrag per item oorskry nie.
Persoonlike alle risiko
Bladsy | 300 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022