Page 304 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 304
3. verlies of skade waarvoor voorsiening gemaak is in enige waarborg of dienskontrak, of in enige koopkontrak, huurkontrak, huurkoop of finansieringsooreenkoms of enige ander ooreenkoms van welke aard ook al betreffende die versekerde eiendom;
4. verlies van of skade aan besproeiingspype, elektriese motors en ander pomptoerusting wat onder die normale vloedlyn van riviere en spruite is;
5. verlies van of skade aan hommeltuie of modelvliegtuie terwyl sodanige tuie in vlug is of in gebruik vir die doel waarvoor dit ontwerp is;
6. meganiese, elektroniese of elektriese onklaarraking, weiering, brekasie of steuring, tensy dit veroorsaak is deur ʼn ongeluk of teenspoed wat andersins nie uitgesluit is nie;
7. verlies van of skade aan goedere wat kragtens ʼn vragbrief versend word;
8. verlies van of skade aan fotografiese en optiese toerusting terwyl die toerusting in gebruik is vir kommersiële of professionele doeleindes, of ekspedisies of navorsing of onderwaterfotografie;
9. voertuie, motorfietse, skopfietse, driewiel-voertuie, vierwielmotorfietse, gholfkarretjies, sleepwaens, karavane, vlerksweeftuie, lugvaartuie (buiten afstandbeheerde vliegtuie/hommeltuie indien gespesifiseer) of plesiervaartuie – of enige van hulle vaste toebehore en bybehore
SPESIFIEKE VOORWAARDES
Beveiliging van juweliersware en horlosies
Dit is ʼn voorwaarde dat enige juweliersware (insluitende horlosies) waarvan die waarde R25 000 (vyf en twintig duisend rand) per enkel-item oorskry in ʼn geslote kluis, brandkluis of brandkas wat aan die vloer of ʼn strukturele muur vasgeheg is, gehou word wanneer dit nie deur, of aan die persoon gedra word nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
enige enkel-item (of stel) juweliersware (insluitende horlosies) met ʼn waarde bo R25 000 (vyf en twintig duisend rand), moet beskik oor ʼn waardasiesertifikaat uitgereik deur ʼn gekwalifiseerde juwelier, welke sertifikaat nie langer as 5 (vyf) jaar terugdateer mag wees nie.
Eweredigheid
As die versekerde eiendom met die aanvang van enige skade aan sodanige eiendom deur enige Versekerde gevaar verseker, gesamentlik van meer waarde is as die skadeloosstellingsperk daarop, sal die Versekerde as hul eie versekeraar geag word vir die verskil en dienooreenkomstig 'n eweredige deel van die verlies dra. Elke item, indien meer as een, sal afsonderlik onderhewig wees aan hierdie Voorwaarde.
Pare en stelle
Die Maatskappy sal nie meer betaal as die eweredige waarde van enige stuk wat deel vorm van ʼn paar of ʼn stel nie. Derhalwe, indien een oorkrabbetjie verlore raak, byvoorbeeld, sal die waarde van slegs daardie een oorkrabbetjie uitbetaal word.
Vervangingswaarde voorwaarde
Die grondslag waarop die bedrag betaalbaar vir ʼn eis ten opsigte van die versekerde eiendom bereken word, sal beide insluit:
1. die vervanging van die eiendom deur soortgelyke eiendom in ʼn toestand gelyk aan, maar nie beter of meer omvangryk as die toestand toe dit nuut was nie; of
2. die herstel van die eiendom tot ʼn toestand naastenby dieselfde as, maar nie beter as die toestand toe dit nuut was nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
indien, op die tydstip van vervanging of herstel, die bedrag wat die koste verteenwoordig wat aangegaan sou word ter vervanging, as die eiendom verlore, vernietig of onherstelbaar beskadig is, die bedrag oorskry waarteen dit verseker is by die aanvang van enige verlies of skade, sal die Versekerde as hul eie versekeraar geag word vir die verskil en dienooreenkomstig 'n eweredige deel van die verlies dra
Persoonlike alle risiko
Bladsy | 302 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022