Page 306 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 306

 4. diefstal, verlies of skade terwyl die trapfiets, wiele of onderdele vervoer word, tensy: hulle vasgemaak is aan die voertuig of sleepwa met ʼn goedgekeurde slot en kabel, of ketting, of binne die voertuig of sleepwa toegesluit is; of die fietsdrarak behoorlik aan die voertuig of sleepwa vasgebout of vasgesluit is met behulp van ʼn goedgekeurde slot, die raam en die wiele van die fiets behoorlik aan die fietsdrarak gesluit is met ʼn goedgekeurde slot, kabel of ketting en daar duidelike tekens van gewelddadige toetrede is.
Versamelings
1. Seëls
Indien ʼn seëlversameling in die Skedule omskryf is om ingesluit te wees, is die volgende van toepassing op die item:
1.1 enige seël waarvan die waarde R7 500 (sewe duisend vyf honderd rand) per enkel-item oorskry in ʼn geslote kluis, brandkluis of brandkas wat aan die vloer of ʼn strukturele muur vasgeheg is, gehou word wanneer dit nie deur die persoon gedra word nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
enige enkel-item seël met ʼn waarde bo R7 500 (sewe duisend vyf honderd rand) moet beskik oor ʼn waardasiesertifikaat uitgereik deur ʼn gekwalifiseerde waardeerder, welke sertifikaat nie langer as 5 (vyf) jaar terugdateer mag wees nie.
1.2 Indien die waardasiesertifikaat nie beskikbaar is nie of ouer as 5 (vyf) jaar is, soos genoteer in bogenoemde 1.1, sal die Maatskappy slegs aanspreeklik wees indien:
1.2.1 een of meer voltooide bladsye van die versameling verlore of beskadig is;
1.2.2 die Maatskappy se aanspreeklikheid vir enige enkele seël nie twee derdes van die vermelde waarde in enige huidige erkende katalogus tot en met ʼn bedrag van R7 500 (sewe duisend vyf honderd rand) enige enkele seël oorskry nie.
2. Munte
Indien ʼn muntversameling in die Skedule omskryf word om ingesluit te wees, is die volgende van toepassing op die item:
2.1 enige munt waarvan die waarde R7 500 (sewe duisend vyf honderd rand) per enkel-item oorskry in ʼn geslote kluis, brandkluis of brandkas wat aan die vloer of ʼn strukturele muur vasgeheg is, gehou word wanneer dit nie deur die persoon gedra word nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
enige enkel-item munt met ʼn waarde bo R7 500 (sewe duisend vyf honderd rand) moet beskik oor ʼn waardasiesertifikaat uitgereik deur ʼn gekwalifiseerde waardeerder, welke sertifikaat nie langer as 5 (vyf) jaar terugdateer mag wees nie.
2.2 Indien die waardasiesertifikaat nie beskikbaar is nie of ouer as 5 (vyf) jaar is, soos genoteer in bogenoemde 2.1, die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees nie vir:
2.2.1 huidige muntstukke;
2.2.2 meer as R7 500 (sewe duisend vyf honderd rand) vir enige enkele muntstuk.
OPSIONELE KLOUSULES EN UITBREIDINGS (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule) Bewaring van items in ʼn brandkluis
Indien items in ʼn brandkluis in ʼn bank of ʼn private welf bewaar word, en dit as sodanig in die Skedule vermeld is, sal dekking slegs geldig wees indien die item weliswaar in die brandkluis in ʼn bank of private welf is ten tye van die verlies, diefstal of skade. Sou die item verwyder wees sonder dat die Maatskappy daarvan in kennis gestel is, sal die item verseker word tot en met dieselfde perke wat van toepassing sal wees onder die Ongespesifiseerde Eiendom soos vermeld in die Skedule.
Persoonlike alle risiko
  Bladsy | 304 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022













































































   304   305   306   307   308