Page 305 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 305

 Persoonlike alle risiko
 KLOUSULES EN UITBREIDINGS Goedgekeurde slot, ketting of kabel
Goedgekeurde beteken:
1. ʼn kabel wat ten minste 12 mm (twaalf millimeter) dik is met ʼn geïntegreerde slot; of
2. ʼn ketting wat ten minste 12 mm (twaalf millimeter) dik is met ʼn geslote harphangslot.
Huishoudelike goedere in transito
Dekking in terme van ongespesifiseerde eiendom hierbo is uitgebrei om diefstal van huishoudelike goedere in te sluit wat aan die Versekerde behoort, of in die bewaring, of onder die beheer van die Versekerde is terwyl in transito.
Inhoud van woonwa en/of bagasiesleepwa
Indien die inhoud van ʼn woonwa en/of bagasiesleepwa in die Skedule gespesifiseer is om ingesluit te wees, is die volgende op daardie items van toepassing:
1. versekerde eiendom beteken huishoudelike goedere wat aan die Versekerde behoort of waarvoor hy/sy verantwoordelik is, terwyl in die woonwa of aangehegte sytent en/of bagasiesleepwa;
2. die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees nie vir:
2.1 diefstal van versekerde eiendom terwyl die woonwa of aangehegte sytent onbewoon is tensy daar kragdadige en gewelddadige toetrede is;
2.2 diefstal van versekerde eiendom uit die bagasiesleepwa, tensy daar kragdadige toetrede is;
2.3 meer as R1 000 (een duisend rand) of 25% (vyf en twintig persent) van die versekerde bedrag wat ook al die meeste is vir enige enkele artikel;
2.4 die vaste bybehore en toebehore van die woonwa;
2.5 seël- en/of muntversamelings, geld, dokumente, juweliersware, pelse of enige artikel wat meer spesifiek verseker word;
2.6 verlies of skade veroorsaak deur bedrog of oneerlikheid deur enige persoon aan wie die woonwa en/of bagasiesleepwa geleen of verhuur word.
Motorradio’s
Indien klankreproduksietoerusting (insluitende een [1] kasset of laserskyf of ander klankstoortoerusting soos byvoorbeeld, maar nie beperk tot ʼn USB-geheuestokkie nie) in die motorvoertuig geïnstalleer is en in die Skedule beskryf word, is Spesifieke Uitsondering 1.1 nie op daardie item van toepassing nie.
Trapfietse
Hierdie uitbreiding sluit in verlies van of skade aan trap- en skopfietse tot en met ʼn waarde van R2 500 (twee duisend vyf honderd rand) (tensy as ʼn afsonderlike item in die Skedule gespesifiseer is);
MET DIEN VERSTANDE DAT:
diefstal van ʼn trapfiets vanuit ʼn onbewaakte voertuig tensy;
1. die voertuig gesluit en daar duidelike tekens van gewelddadige toetrede is;
2. diefstal van ʼn trapfiets of onderdele, terwyl dit onbewaak is, tensy dit:
2.1 toegesluit is in ʼn gebou;
2.2 veilig vasgesluit is aan ʼn onbeweegbare voorwerp, voertuig of sleepwa met ’n goedgekeurde slot en kabel, of ketting; of
2.3 toegesluit is in ʼn voertuig of sleepwa en daar duidelike tekens van gewelddadige toetrede is;
3. diefstal gedurende ʼn gebeurtenis plaasvind, tensy die trapfiets gelaat word in ʼn aangewese beveiligde area, toegestaan deur ʼn amptelike organiseerder soos byvoorbeeld ʼn klub of ʼn geakkrediteerde fietsryliggaam;
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 303





































































   303   304   305   306   307