Page 303 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 303
Persoonlike alle risiko
Die volgende sal nie as ongespesifiseerde eiendom geklassifiseer word nie:
1. Enige item met ʼn waarde hoër as die perke in die Skedule;
2. voertuigklanktoerusting;
3. rekenaartoerusting en -bykomstighede, byvoorbeeld skootrekenaars, handrekenaars, notaboekrekenaars, en alle ander draagbare rekenaartoestelle, slimtoestelle en tablette;
4. enige elektroniese toerusting, buiten die hierbo genoem, soos kameras, videokameras, hartspoedmonitors ens., met ’n waarde meer as R10 000 (tien duisend rand) of die gegewe versekerde bedrag vermeld in die Skedule, wat ook al die minste is;
5. enige telekommunikasietoestelle;
6. globale posisioneringstelsels (GPS);
7. seël- of muntversamelings;
8. kampeertoerusting, of die inhoud van karavane;
9. gholfstokke;
10. afstandbeheerde modelvliegtuie of hommeltuie;
11. eiendom wat meer spesifiek verseker is.
3. Geld
Die Maatskappy sal verlies van of skade aan kontant, banknote, valutanote, munte, verbande, koepons, seëls, verhandelbare instrumente, titelaktes, manuskripte of effekte van enige aard of reiskaartjies ter waarde van R1 000 (een duisend rand) of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule, wat ook al die meeste is.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees nie vir:
1. verlies
1.1 diefstal uit enige onbewaakte voertuig tensy;
van of skade aan eiendom as gevolg van:
1.1.1 die eiendom gehuisves word in ʼn voertuig wat behoorlik beveilig en gesluit is; of
1.1.2 die voertuig self in ʼn beveiligde en geslote gebou gehuisves word; en
1.1.3 toegang tot of verlating van sodanig geslote voertuig gepaard gaan met sigbare tekens van kragdadige en gewelddadige betreding of verlating;
1.2 die eiendom wat ʼn proses van skoonmaak, herstel, kleur, bleik, verandering of restourasie ondergaan;
1.3 onafskeidelik en verborge euwels, ongediertes, motte, insekte, vogtigheid, muf of roes;
1.4 die oneerlikheid van enige werknemer van die Versekerde, hetsy hy/sy alleen optree of met ander saamspan;
1.5 aanhouding, konfiskering of rekwisisie deur Doeane of ander beamptes of owerhede;
1.6 brekasie van artikels van 'n brose aard, tensy sodanige brekasie deur inbrekers, diewe of brand veroorsaak word;
1.7 lekkasie van enige vloeistof uit die houer waarin dit is;
1.8 diefstal of enige poging daartoe of skade van enige terrein waar ʼn kontrak uitgevoer word na normale besigheids-ure tensy;
die versekerde eiendom gehuisves word in ʼn beveiligde en geslote gebou en die verlies gepaard gaan met sigbare tekens van kragdadige en gewelddadige betreding of verlating van die gebou wat die versekerde eiendom bevat;
1.9 diefstal of verdwyning wat nie met ʼn spesifieke voorval verbind kan word nie.
2. verweer en slytasie, waardevermindering of geleidelike agteruitgang (insluitende die geleidelike invloed van lig, klimaat of ander atmosferiese toestande), tensy dit volg na ʼn ongeluk of teenspoed andersins nie uitgesluit nie;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 301