Page 295 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 295
Huisbewoners
3.9 enige eis waarvoor voorsiening gemaak word kragtens 'n waarborg deur die vervaardigers van die voorgenoemde masjinerie of ten opsigte van 'n dienskontrak verskaf ten opsigte van sodanige masjinerie;
3.10 verlies of skade aan huishoudelike boorgatpompe en elektriese motors wat onder die normale vloedlyn van riviere en strome geleë is.
Nuwe en bykomende persele
Indien die Versekerde ʼn ander woning okkupeer behalwe dié wat geleë is soos vermeld in die Skedule in die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Eswatini (voormalige Swaziland), Zimbabwe, Zambië, Malawi en Mosambiek, sal die versekering geld ingevolge hierdie Afdeling asof sodanige woning binne die bestek van hierdie Afdeling is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Versekerde die Maatskappy binne ʼn redelike tyd na okkupasie daarvan in kennis stel en die bykomende premie betaal wat pro rata bereken word vanaf die tydstip van okkupasie tot aan die einde van die versekeringstydperk wat op daardie tydstip van krag was;
2. hierdie Klousule nie geld vir enige verlies, indien en in soverre dit andersins verseker is nie.
Ongeriefsdekking
In die geval van ʼn totale verlies van die perseel veroorsaak deur ʼn versekerde gevaar waarvoor die Maatskappy die Versekerde skadeloosstel, sal ʼn bykomende bedrag van R10 000 (tien duisend rand) aan die Versekerde betaal word ten opsigte van enige ongerief wat gely is.
Oudiovisuele toerusting
Hierdie Afdeling sluit in toevallige verlies of skade aan enige televisiestel, video-opnemer, dekodeerder, DVD, klankreproduksietoerusting, uitgesonderd rekenaartoerusting, satellietskottels of antennes terwyl in, of op die woning, weens ʼn toevallige gebeurtenis buiten meganiese, elektroniese of elektriese onklaarraking;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees vir meer as 25% (vyf en twintig persent) van die huisinhoud se versekerde bedrag nie;
2. die Versekerde sal verantwoordelik wees vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule.
Persoonlike dokumente
Na aanleiding van ʼn versekerde gebeurtenis, sal die Maatskappy betaal vir die koste van enige materiaal en arbeid wat benodig word om die persoonlike dokumente te herstel of duplikate te verkry tot en met R10 000 (tien duisend rand) vir enige enkele eis.
Professionele skoonmaakdienste
Die Maatskappy sal betaal vir ʼn professionele organisasie om die versekerde geboue skoon te maak indien dit bemors of bevlek is gedurende ʼn aanval op die Versekerde deur ʼn derde party, buiten as dit die Versekerde se familie is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die aanspreeklikheid van die Maatskappy met betrekking tot enige een gebeurtenis nie R5 000 (vyf duisend rand) sal oorskry nie.
Seël- en muntversamelings
Die Maatskappy sal betaal vir toevallige verlies of skade aan die Versekerde se seël- of muntversameling binne die Versekerde woning tot en met ʼn bedrag van R5 000 (vyf duisend rand).
Skade aan gaste se eiendom
Die Maatskappy sal verlies of skade aan huishoudelike items en persoonlike besittings insluit wat aan enige nie- betalende, tydelike gas behoort veroorsaak deur ʼn versekerde gebeurtenis in die versekerde woning of buitegebou tot en met ʼn bedrag van R15 000 (vyftien duisend rand) vir enige gebeurtenis, uitgesonderd geld en verhandelbare instrumente of enige items wat kragtens ʼn ander Polis verseker is;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 293