Page 293 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 293
Huisbewoners
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Uitbreiding nie die volgende insluit nie:
1. bederwing van voorraad weens die doelbewuste afsny van kragtoevoer (gas en paraffien ingesluit) deur enige openbare owerheid;
2. skade aan die yskas, vrieskas, koelkamer of vrieskamer sodanig;
MET VERDERE DIEN VERSTANDE DAT:
1. die aanspreeklikheid van die Maatskappy ingevolge hierdie Uitbreiding nie R10 000 (tien duisend rand) ten opsigte van enige enkele gebeurtenis sal oorskry nie;
2. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van R500 (vyf honderd rand) ten opsigte van ieder en elke eis.
Juweliersware, pelse, fotografiese toerusting en/of oosterse tapyte en matte
Tensy spesifiek andersins met die Maatskappy ooreengekom en gegewe in die Skedule, sal die algehele waarde van platinum-, goud- en silwerartikels, juweliersware, pelse, fotografiese toerusting en/of oosterse tapyte en matte nie meer as een derde van die gegewe versekerde bedrag ten opsigte van die inhoud per item verleen in die Skedule, oorskry nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van diefstal van ongespesifiseerde juweliersware en/of ongespesifiseerde horlosies beperk sal wees tot ʼn maksimum bedrag van R150 000 (honderd en vyftig duisend rand) vir enige enkele eis.
Kolhou (gholf)
Indien die Versekerde ʼn kolhou aanteken as amateur gholfspeler, sal die Maatskappy die tradisionele viering wat gewoonlik daarmee gepaard gaan, tot ʼn koste van R5 000 (vyf duisend rand) betaal. Die kolhou moet deur die gholfklub gesertifiseer word.
Krediet-/debietkaartbedrog
Die Maatskappy sal betaal vir verliese wat voortspruit uit die bedrieglike gebruik van die Versekerde se krediet of debietkaart tot en met R5 000 (vyf duisend rand) gedurende enige 12 (twaalf) maande tydperk van versekering.
Meganiese onklaarraking
Nieteenstaande enigiets strydig hierin vervat, word hierdie Afdeling uitgebrei om die volgende in te sluit:
Toevallige meganiese of elektriese onklaarraking van enige elektriese toerusting terwyl in die geboue op die perseel soos vermeld in die Skedule;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees nie ten opsigte van:
1. skade wat ontstaan deur slytasie en verweer, waardevermindering, muf, roes, motte, ongediertes, insekte, larwes, enige skoonmaak-, kleur-, herstel- of restoureerproses en geleidelike agteruitgang wat die werking van lig, atmosferiese of klimaatstoestande insluit;
2. krapmerke, skaafmerke, duike of afsplintering;
3. skade wat ontstaan uit foutiewe of gebrekkige ontwerp, materiaal of vakmanskap;
4. skade wat ontstaan uit onafskeidelik en verborge euwels;
5. skade wat ontstaan weens die gebrek aan instandhouding;
6. skade aan nie-draagbare en draagbare rekenaars en/of dataverwerkingstoerusting;
7. skade aan gereedskap van enige aard insluitende tuingereedskap, werktuie en outomatiese swembadskoon- maakapparate;
8. skade wat ontstaan deur enige verontagsaming van die vervaardigers se aanwysings aangaande die funksionering van elektriese toerusting;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 291