Page 291 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 291

 Huisbewoners
 MET DIEN VERSTANDE DAT:
indien, op die tydstip van vervanging of herstel, die bedrag wat die koste verteenwoordig wat aangegaan sou word ter vervanging, as al die inhoud verlore, vernietig of onherstelbaar beskadig is, die bedrag oorskry waarteen dit verseker is by die aanvang van enige verlies of skade, sal die Versekerde as hul eie versekeraar beskou word vir die verskil en dienooreenkomstig 'n eweredige deel van die verlies dra
KLOUSULES EN UITBREIDINGS
Aanspreeklikheid teenoor huishoudelike personeel
Hierdie Afdeling sluit in:
1. alle bedrae waarvoor die Versekerde regtens aanspreeklik is vir vergoeding ten opsigte van die dood, of liggaamlike besering, of siekte van enige huishoudelike personeel wat ontstaan uit en in die loop van die tydperk van sodanige huishoudelike personeel se diens by die Versekerde in sy/haar hoedanigheid as 'n huisbewoner by die perseel en wat gedurende die versekeringstydperk as gevolg van 'n ongeluk plaasvind;
2. alle regskoste en -uitgawes:
2.1 deur enige eiser van die Versekerde verhaal;
2.2 met die Maatskappy se skriftelike toestemming aangegaan;
ten opsigte van 'n eis teen die Versekerde vir vergoeding waarop die skadeloosstelling in hierdie Gebeurlikheid uiteengesit, van toepassing is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die bedrag betaalbaar ten opsigte van enige enkele ongeluk of reeks ongelukke wat uit een gebeurtenis voortspruit nie R5 000 000 (vyf miljoen rand) sal oorskry nie, met inbegrip van alle vergoeding en alle regskoste en alle ander koste en uitgawes.
Daarbenewens, en in verband met die diens van sodanige huishoudelike personeel in die Versekerde se diens, sal die Maatskappy die Versekerde skadeloosstel teen koste en uitgawes tot hoogstens R2 000 (twee duisend rand) wat deur die Versekerde met die Maatskappy se toestemming aangegaan is, ter verdediging van enige kriminele geding wat teen die Versekerde aanhangig gemaak is as gevolg van 'n beweerde oortreding van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, Nr. 85 van 1993.
Die skadeloosstelling in hierdie Gebeurlikheid uiteengesit is nie van toepassing op en sluit nie die volgende in nie:
1. aanspreeklikheid wat die Versekerde deur ooreenkoms aanvaar en wat nie in die afwesigheid van die ooreenkoms sou bestaan het nie;
2. koste en uitgawes aangegaan ná die datum waarop die Maatskappy, óf die volle bedrag van die eis, óf die totale bedrag wat ten opsigte van enige gebeurtenis verhaalbaar is, betaal het, of aangebied het om te betaal.
Beveiliging van juweliersware en horlosies
Dit is ʼn voorwaarde dat enige juweliersware (insluitende horlosies) waarvan die waarde R25 000 (vyf en twintig duisend rand) per enkel-item oorskry in ʼn geslote kluis, brandkluis of brandkas wat aan die vloer of ʼn strukturele muur vasgeheg is, gehou word wanneer dit nie deur, of aan die persoon gedra word nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
enige enkel-item (of stel) juweliersware (insluitende horlosies) met ʼn waarde bo R25 000 (vyf en twintig duisend rand), moet beskik oor ʼn waardasiesertifikaat uitgereik deur ʼn gekwalifiseerde juwelier, welke sertifikaat nie langer as vyf (5) jaar terugdateer mag wees nie.
Beweeglikheidskostes
In die geval van liggaamlike besering aan die Versekerde, of enige lid van die Versekerde se gesin wat normaalweg by die Versekerde inwoon, binne die grense van die woning, of die terrein van die woning, opgedoen as ʼn slagoffer van geweld wat gepaard gaan met diefstal, poging tot diefstal, terwyl in aanhouding, kaping, of brand en as direkte gevolg van die voorval sodanige persoon permanent afhanklik is van ʼn rolstoel vir beweeglikheid, sal die Maatskappy betaal vir kostes redeliker- en noodsaaklikerwys aangegaan vir:
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 289











































































   289   290   291   292   293