Page 289 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 289

 Huisbewoners
 6.2 onkoste en uitgawes van ʼn regsgeding wat deur enige eiser van die Versekerde verhaal is en wat nie aangegaan en verhaalbaar is in die gebied wat in 6.1 hierbo beskryf word nie.
7. aanspreeklikheid ten opsigte van dood, liggaamlike besering, siekte, verlies of skade wat veroorsaak is deur, of verband hou met, of spruit uit:
7.1 enige beroep of besigheid van die Versekerde;
7.2 opsetlike of kwaadwillige handelings;
7.3 plofstowwe;
8. eise vir skadevergoeding en regskoste en uitgawes ten opsigte van dood, besering of siekte wat toegeskryf kan word aan ʼn geleidelik-werkende oorsaak wat nie as gevolg van ʼn skielike en identifiseerbare ongeval of gebeurtenis plaas gevind het nie;
9. koste en uitgawes aangegaan na die datum waarop die Maatskappy betaal het, of aangebied het om, óf die volle bedrag van die eis, óf die volle bedrag verhaalbaar ten opsigte van enige gebeurtenis, te betaal.
MEMORANDA
1. Indien meer as een Versekerde in die Skedule vermeld word, stel die Maatskappy elke Versekerde afsonderlik en nie gesamentlik nie, skadeloos en enige aanspreeklikheid wat tussen sodanige Versekerdes ontstaan word hanteer asof afsonderlike polisse aan elk uitgereik is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die algehele aanspreeklikheid van die Maatskappy nie verhoog word bó die skadeloosstellingsperk wat in die Skedule vermeld word nie.
2. Met dien verstande dat die algehele aanspreeklikheid van die Maatskappy nie verhoog word bó die skadeloosstellingsperk wat vermeld word nie, stel die Maatskappy ook skadeloos asof 'n afsonderlike Polis aan elkeen uitgereik is
3. Slegs ten opsigte van hierdie Onderafdeling word Algemene Uitsondering 1 geskrap en deur die volgende vervang: "Hierdie Onderafdeling sluit nie besering, skade of aanspreeklikheid wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak is deur of verband hou met of die gevolg is van oorlog, inval, die optrede van 'n buitelandse vyand, vyandelikhede of krygsverrigtinge (hetsy oorlog verklaar is al dan nie), burgeroorlog, muitery, opstand, rebellie, revolusie, militêre of geüsurpeerde gesag in nie".
4. Indien, ten tye van enige voorval wat aanleiding gee tot ’n eis ingevolge hierdie onderafdeling, skadeloosstelling ingevolge enige ander versekering verleen word, dra hierdie onderafdeling nie saam met enige ander versekering by nie, behalwe met betrekking tot enige bedrag bó die bedrag wat deur sodanige ander versekering betaalbaar is.
5. Nieteenstaande Spesifieke Uitsondering 3 sal die Maatskappy die Versekerde skadeloosstel indien ʼn tuindienste- maatskappy onder kontrak aangestel is om die tuin by die versekerde perseel soos vermeld in die Skedule, in stand te hou en wettiglik aanspreeklik is vir die handelinge of versuim van die werknemers van die tuindienste in die uitvoer van hul pligte by die perseel.
SPESIFIEKE VOORWAARDES Beveiligingsmaatreëls
Die Versekerde sal voortgaan om gebruik te maak van alle beveiligingsmaatreëls wat op die perseel in plek gestel is, op ooreengekom of op enige wyse voorgestel is om teenwoordig te wees, doeltreffend in stand te hou om toegang of verlating deur diewe te voorkom of te belemmer of na te spoor.
In die mate waartoe enige van hierdie beveiligingsmaatreëls ten tye van enige verlies foutief is, sal die Maatskappy nie aanspreeklik wees ingevolge hierdie Afdeling nie, tensy die Versekerde kan bewys dat sodanige foute:
1. nie redelikerwys deur die Versekerde opgespoor kon word nie of waar dit wel opgespoor kon word nie redelikerwys reggestel kon word voor die verlies plaasgevind het nie, en dat voldoende alternatiewe beveiligingsmaatreëls ingestel is en die Maatskappy so gou moontlik daarvan in kennis gestel is;
2. geensins kon bydra tot die diewe se vermoë om die perseel of enige deel daarvan binne te gaan, daarin te bly en daaruit te ontsnap nie of die moontlikheid te verminder dat hul ondek kon word nie.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 287













































































   287   288   289   290   291