Page 286 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 286

 1.1 1.2
huishoudelike goedere en persoonlike besittings. besigheidsgoedere en toerusting;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. 2.
die Versekerde verseker is teen verlies of skade aan die besigheidsvoorraad veroorsaak deur ʼn versekerde gevaar;
dit is ʼn Voorwaarde wat die aanspreeklikheid van die Maatskappy voorafgaan, dat:
2.1 2.2
die Versekerde die Maatskappy van volledige besonderhede van die besigheids- aktiwiteite voorsien, voor die verlies of skade plaasgevind het; en
die Versekerde die soort voorraad beskryf het wat verseker moet word;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022
Huisbewoners
 MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) vir ieder en elke eis, of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule;
8. diefstal of poging tot diefstal vanuit:
8.1 die privaatwoning uitgesluit diefstal terwyl die geboue of enige deel daarvan onbeset gelaat word of deur die Versekerde uitgeleen, verhuur of onderverhuur is (met dien verstande dat vir die doel hiervan die inneem van betalende gaste, besoekers en loseerders tot hoogstens drie (3) in getal, nie geag word om uitgeleen, verhuur of onderverhuur van die gebou te wees nie), tensy sodanige diefstal gepaard gaan met sigbare tekens van kragdadige en gewelddadige toetreding tot, of verlating van sodanige gebou(e);
8.2 enige huishoudelike buitegeboue wat nie regstreeks toegang verleen tot die private woning nie, beperk is tot en met R10 000 (tien duisend rand);
8.3 enige meubel of stoor-stapelplaas, bank- of brand-kluis;
8.4 enige ander bewoonde privaatwoning tot en met ʼn bedrag van R30 000 (dertig duisend rand);
8.5 enige gebou waarin die Versekerde tydelik woonagtig is en/of ʼn onderwysinrigting tot en met ʼn bedrag van R10 000 (tien duisend rand);
8.6 enige gebou waarin die Versekerde in diens is tot en met ʼn bedrag van R10 000 (tien duisend rand);
8.7 enige ander gebou;
8.8 Onbewaakte voertuig terwyl met vakansie tot en met ʼn bedrag van R10 000 (tien duisend rand);
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. diefstal gepaard gaan met sigbare tekens van kragdadige en gewelddadige toetrede of verlating van sodanige perseel, of enige poging daartoe, of as gevolg van diefstal (of enige poging daartoe) na aanleiding van geweld of dreigement van geweld.
2. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) vir ieder en elke eis, of die gegewe bedrag genoteer in die Skedule.
9. diefstal;
9.1 van wasgoed, tuin- en swembadmeubels, tuinonderhoudstoerusting, outomatiese swembadskoon- maakapparate, swembadveiligheidsnette en swembadbedekkings van ʼn soortgelyke aard vanaf die perseel van die woning tot en met R10 000 (tien duisend rand) vir enige enkele eis;
9.2 in transito terwyl vervoer word deur ʼn professionele vervoermaatskappy gedurende die verloop van ʼn permanente verandering van die risiko-adres;
9.3 terwyl in transito na, of van ʼn meubel stoor stapelhuis of ʼn bankkluis.
9.4 of poging tot diefstal terwyl in transito onder die beheer van die Versekerde of sy gemagtigde verteenwoordiger na, of van enige plek van aankoop, hersteller of opknapping, wat volg op ʼn botsing van die vervoermiddel of diefstal wat gepaard gaan met kragdadige en gewelddadige toetrede tot, of verlating van sodanige voertuig tot en met ʼn bedrag van R10 000 (tien duisend rand) vir enige enkele gebeurtenis.
OMSKRYWING VAN INHOUD
1. Inhoud sal beteken:
 Bladsy | 284


































































   284   285   286   287   288