Page 284 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 284
Indien die Maatskappy uit hoofde van voorbehoudsbepaling 1, 2, 3, 4 of 5 hierbo kan bewys dat hierdie Afdeling nie verlies of skade insluit nie, rus die onus op die Versekerde om die teendeel te bewys.
Warmwatertoestelle (uitgebreide dekking)
1. Omskrewe Gebeurtenis 7 word kragtens Onderafdeling A uitgebrei om warmwatertoestelle, watertenks, waterapparate, sonverhittingstelsels of waterpype in te sluit. Die Maatskappy sal die versekerde skadeloosstel vir die verlies van, of skade aan warmwatertoestelle, watertenks, waterapparate, sonverhittingstelsels of waterpype wat veroorsaak word deurdat dit skielik en onverwags bars, waar die warmwatertoestelle, watertenks, waterapparate, sonverhittingstelsels en waterpype as ʼn item in die Skedule beskryf word en deel vorm van die Versekerde se eiendom;
2. Die Versekerde sal verantwoordelik wees vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis met ʼn minimum bedrag van R1 000 (een duisend rand) vir ieder en elke eis.
Huiseienaars
Bladsy | 282 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022