Page 282 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 282

 MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy se aanspreeklikheid nie R10 000 (tien duisend rand) sal oorskry nie ten opsigte van enige enkele gebeurtenis;
2. sodanige koste onderhewig is aan die Maatskappy se voorafgaande skriftelike toestemming;
3. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van R500 (vyf honderd rand) vir ieder en elke gebeurtenis.
Waterlekke/Verlies van water
Die Maatskappy sal die Versekerde skadeloosstel vir die koste van waterverlies weens lekke uit pype in enige gebou en waarvoor die Versekerde verantwoordelik is om te betaal;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy die Versekerde slegs sal skadeloosstel vir die koste van bykomende waterverbruik in die geval waar die kwartaallikse watermeterlesing van waterverbruik die gemiddelde waterlesings met 50% (vyftig persent) of meer oorskry;
2. die skadeloosstellingsperk ten opsigte van die koste van waterverlies nie R15 000 (vyftien duisend rand) per gebeurtenis of R50 000 (vyftig duisend rand) gedurende enige een versekeringstydperk oorskry nie;
3. dis ʼn voorvereiste vir aanspreeklikheid kragtens hierdie Uitbreiding dat, sodra ʼn lek ontdek word (deur fisiese bewys of na ontvangs van ʼn buitengewone hoë waterrekening) die Versekerde onmiddellike sal optree om die lekkasie te identifiseer en die betrokke apparaat/apparate of pyp/pype te herstel;
4. Bykomend sal die Maatskappy betaal vir die koste vir die identifisering van waterlekke op die perseel tot en met R5 000 (vyf duisend rand) per gebeurtenis of R10 000 (tien duisend rand) gedurende een versekeringstydperk;
5. Bykomend sal die Maatskappy betaal vir die koste vir die volmaak van ʼn swembad of dammetjies na instandhouding of herstelwerk tot en met R5 000 (vyf duisend rand) per gebeurtenis of R10 000 (tien duisend rand) gedurende een versekeringstydperk;
6. die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees om te betaal nie vir:
6.1 die koste van regstelling insluitende herstelwerk aan die betrokke apparaat/apparate of pyp/pype;
6.2 verliese as gevolg van:
6.2.1 lekkende krane, warmwatertoestelle, toiletstelsels, swembaddens of enige ander watertenk;
6.2.2 enige opsetlike verhandeling van die Versekerde;
6.2.3 krane of andersins krane wat oopgelos is na gebruik;
6.2.4 enige eenheid wat vir meer as 30 (dertig) aaneenlopende dae onbewoon gelaat is.
7. Die versekerde sal verantwoordelik wees vir die eerste 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) vir ieder en elke eis.
Wilde diere (geboue)
Die Maatskappy sal betaal vir verlies of skade deur wilde diere aangerig aan gebou(-e) en buitegebou(-e) soos vermeld in die Skedule. Vir die doel van hierdie dekking sal wilde diere nie as ongediertes beskou word nie.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Aanspreeklikheid van die Maatskappy ten opsigte van een enkele gebeurtenis nie R10 000 (tien duisend rand) of die gegewe bedrag genoteer in die Skedule per item sal oorskry nie, watter een ook al die meeste is;
2. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) vir ieder en elke eis.
OPSIONELE KLOUSULES EN UITBREIDINGS (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule) Diefstal van eksterne los en vaste toebehore
1. Omskrewe Gebeurtenis 9 ingevolge Onderafdeling A word uitgebrei om diefstal in te sluit van eksterne los en vaste toebehore van enige versekerde gebou(e) by die perseel soos vermeld in die Skedule, gepaardgaande met sigbare tekens van kragdadige en gewelddadige betreding of verlating van sodanige perseel of enige poging daartoe, of as gevolg van diefstal of enige poging daartoe na aanleiding van geweld of dreigement van geweld.
Huiseienaars
  Bladsy | 280 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022






































































   280   281   282   283   284