Page 273 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 273

 Huiseienaars
 MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die
Maatskappy nie aanspreeklik sal wees om te betaal vir verlies of skade nie:
1.1 veroorsaak of vererger word deur verwering en slytasie, roes, verrotting of geleidelike afteruitgang;
1.2 veroorsaak deur die kraak of die splyting van die eenheid as gevolg van verwering of slytasie;
1.3 as gevolg van die foutiewe materiaal of gebrekkige vakmanskap, onafskeidelike en verborge euwels of foutiewe en gebrekkige ontwerp.
1.4 verhaalbaar in terme van die vervaardiger se waarborg;
1.5 as gevolg van die onderbreking of opsetlike weerhouding van water en brandstofvoorraad en elektrisiteitstoevoer.
2. die
gebeurtenis oorskry nie;
Maatskappy se aanspreeklikheid sal nie R12 500 (twaalf duisend vyf honderd rand), vir enige een
3. die Versekerde sal verantwoordelik wees vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis met 'n minimum bedrag van R1 000 (een duisend rand) vir ieder en elke eis.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
Spesifieke voorwaarde
Die warmwatertoestel(le) moet waar van toepassing, ingevolge SANS spesifikasie 10254 en die vervaardiger se spesifikasies of in ooreenstemming met enige ander SANS spesifikasie wat van toepassing mag wees geïnstalleer word. Indien die Maatskappy kan bewys dat die toestel nie in ooreenstemming met die spesifikasies geïnstalleer is nie, sal die Versekerde verantwoordelik wees vir die eerste bedrag betaalbaar van R1 500 (een duisend vyf honderd rand) van elke eis bykomend tot die eerste bedrag betaalbaar soos gestipuleer in bogenoemde voorwaarde 3;
8. toevallige skade (slegs terwyl die privaat woning gemeubileer is en bewoon word) aan sanitêre ware, vaste glas en spieëls teen die mure en in vensters, deure, waaierligte, dakvensters, sonverhittingstelsels, kweekhuise, glashuise en afdakke, glasbladstowe, ingeboude handewasbakke, baddens, voetstukke, wasbakke, toiletpanne, spatplate en spoelbakke (maar uitgesluit kraak, krap en ontsiering) wat deel uitmaak van die gebou tot en met R50 000 (vyftig duisend rand), vir ieder en elke gebeurtenis van sodanige skade en die Versekerde sal verantwoordelik wees vir die eerste bedrag betaalbaar van R1 000 (een duisend rand) van elke eis.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
9. diefstal (of enige poging daartoe) gepaardgaande met sigbare tekens van kragdadige of gewelddadige betreding of verlating van sodanige gebou(e);
9.1 insluitend die eienaar of verhuurder se los en vaste toebehore in of aan die gebou, sonverhittingstelsels wat losstaande is van die gebou maar op die perseel is;
9.2 Indien enige versekerde gebou of ʼn gebou(-e) wat versekerde eiendom bevat, vir 60 (sestig) opeenvolgende dae onbeset gelaat word, word die versekering ingevolge hierdie Uitbreiding opgeskort ten opsigte van die geraakte eiendom, tensy die Versekerde voor die plaasvind van enige sodanige skade die skriftelike toestemming van die Maatskappy bekom vir die voortsetting van hierdie Uitbreiding. Gedurende die aanvanklike tydperk van 60 (sestig) opeenvolgende dae van onbeset staan, word die Versekerde as ʼn medeversekeraar geag saam met die Maatskappy en sal die Versekerde verantwoordelik wees vir ʼn eweredige deel van enige skade gelykstaande aan 20% (twintig persent) van die eis voor die aftrekking van enige eerste bedrag betaalbaar.
9.3 indien enige gebou wat verseker is of versekerde eiendom bevat, verhuur, geleen of onderverhuur word, hetsy ten volle of ʼn gedeelte daarvan, word dekking vir diefstal uitgesluit;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
vir die doel daarvan sal die akkommodasie van betalende gaste, besoekers en loseerders wat nie 3 (drie) persone sal oorskry nie, nie as uitleen, verhuring of onderverhuring van die gebou(e) geag word nie;
10. sodanige bykomende gevare soos vermeld in die Skedule, sal ingesluit word.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 271
 








































































   271   272   273   274   275