Page 269 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 269

 Brand – oes en mied & tabak (Veld na vloer)
 Ruvoer, Silosakke en Tabak
Ten opsigte van die versekering kragtens hierdie Afdeling is dit ʼn voorwaarde voorafgaande vir enige aanspreeklikheid van die Maatskappy dat:
1. ʼn area van minstens 10 (tien) meter wyd om elke mied/stapel of groep miedens/stapels wat een brandrisiko vorm, skoon gehou moet word van alle brandbare materiaal en plantegroei;
2. ʼn area van minstens vyf (5) meter wyd om elke gebou waarin ruvoer geberg word, skoon gehou moet word van alle brandbare materiaal en plantegroei;
Een of meer miedens/stapels of groepe miedens/stapels wat gesamentlik nie R300 000 (drie honderd duisend rand) in waarde oorskry nie en wat minder as 100 (een honderd) meter van ʼn ander geleë is, sal beskou word om een brandrisiko te vorm.
Tabak
In die geval van verlies of skade aan die versekerde eiendom veroorsaak deur brand of weerlig soos in hierdie Afdeling beskryf, sal die aanspreeklikheid van die Maatskappy beperk wees tot:
1. 85% (vyf en tagtig persent) van die versekerde bedrag ten opsigte van die versekerde eiendom in geboue; wat een brandrisiko vorm waarvan die waarde nie R300 000 (drie honderd duisend rand) oorskry nie.
2. 75% (vyf en sewentig persent) van die versekerde bedrag ten opsigte van die versekerde eiendom wat:
2.1 gepluk of gesny op die lande gelaat word gedurende die proses van voorbereiding en insameling;
2.2 gebaal en /of gebondel op die lande gelaat word gedurende die proses van insameling;
2.3 in ʼn mied/stapel/hoop gepak is, of wat in ʼn groep miedens/stapels/hope gepak is, wat een brandrisiko vorm waarvan die waarde R300 000 (drie honderd duisend rand) oorskry;
3. 85% (vyf en tagtig persent) van die versekerde bedrag ten opsigte van die versekerde eiendom wat in ʼn mied/ stapel/hoop gepak is, of wat in ʼn groep miedens/stapels/hope gepak is, wat een brandrisiko vorm waarvan die waarde nie R300 000 (drie honderd duisend rand) oorskry nie.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die aanspreeklikheid van die Maatskappy beperk sal wees tot ʼn maksimum van R1 500 000 (een miljoen vyf honderd duisend rand) vir enige enkele gebeurtenis ten opsigte van 2 hierbo en beperk tot R300 000 (drie honderd duisend rand) elk ten opsigte van Memorandum 1 en 3 hierbo, tensy spesifiek andersins met die Maatskappy ooreengekom en as sodanig in die Skedule vermeld is;
2. hierdie Memorandum sal afsonderlik van toepassing wees op die inhoud van ʼn gebou of elke mied/stapel/hoop of groep miedens/stapels/hope wat een brandrisiko vorm;
3. die Versekerde sal geag word om sy eie versekeraar te wees vir 15% (vyftien persent) ten opsigte van bogenoemde 1 en 3 en/of 25% (vyf en twintig persent) ten opsigte van 2.3 en sal dienooreenkomstig na verhouding ʼn eweredige deel van die verlies dra;
4. een of meer miedens/stapels/hope of groepe miedens/stapels/hope wat gesamentlik nie R1 500 000 (een miljoen vyf honderd duisend rand) in waarde oorskry nie en minder as 100 (een honderd) meter van ʼn ander geleë is, sal beskou word om een brandrisiko te vorm.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Hierdie versekering sluit nie die volgende in nie:
1. skade aan eiendom wat veroorsaak is deur enige verhittings- of drogingsproses;
2. skade aan eiendom wat veroorsaak of vererger word deur waardevermindering, motte, ongediertes, insekte en termiete.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 267











































































   267   268   269   270   271