Page 266 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 266

 Brand – oes en mied & tabak (Veld na vloer)
  BRAND – OES EN MIED & TABAK (VELD NA VLOER)
OMSKREWE GEBEURTENISSE
Skade aan oeste en miedens wat beskryf word in die Skedule gedurende die Versekeringstydperk en by die liggings is soos in die Skedule omskryf, deur:
1. brand;
2. weerlig en donderslag;
3. onderaardse brand;
4. ontploffing;
5. aardbewing (hetsy veroorsaak deur mynbedrywighede of andersins), vulkaniese uitbarsting of ander skudding, maar uitgesluit verlies van of skade aan eiendom in die ondergrondse bedrywighede van ʼn myn;
6. spesiale gevare:
6.1 storm, wind, water, hael of sneeu, uitsluitend skade aan eiendom;
6.1.1 wat voortspruit uit enige proses wat dit ondergaan en wat noodsaaklikerwys die gebruik of aanwending van water behels;
6.1.2 veroorsaak deur ʼn vloedgolf weens aardbewing;
6.1.3 die ondergrondse bedrywighede van ʼn myn; of
6.1.4 in die ope (buiten geboue, strukture en toerusting wat ontwerp is om in die ope te wees en te werk) tensy spesifiek verseker as ʼn afsonderlike item in die Skedule; of
6.1.5 enige struktuur wat nie geheel en al onder dak is nie, tensy spesifiek verseker as ʼn afsonderlike item in die Skedule;
6.2 lugvaartuie en ander lugtoestelle of voorwerpe wat daaruit laat val word;
6.3 botsing deur diere, bome, antennas, satellietskottels of voertuie, met uitsluiting van skade aan sodanige diere, bome, antennas, satellietskottels of voertuie, of eiendom in of op sodanige voertuie;
6.4 skade deur brand alleenlik aan die versekerde eiendom wat veroorsaak word deur sy eie spontane gisting, natuurlike verhitting of selfontbranding;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Omskrewe Gebeurtenis (spesiale gevare) nie die volgende insluit nie:
1. verweer en slytasie of geleidelike agteruitgang;
2. skade veroorsaak of vererger deur:
2.1 skade veroorsaak deur ontlading of lekkasie van enige sprinkeltoestel, deurdrenkingstelsel of brandblus-installasie/toerusting in die versekerde geboue of in die gebou(e) wat die versekerde eiendom bevat tot en met R50 000 (vyftig duisend rand) of die bedrag vermeld in die Skedule;
2.2 insakking of grondverskuiwing;
2.3 die Versekerde se versuim om alle redelike voorsorgmaatreëls te tref vir die instandhouding en veiligheid van die versekerde eiendom en vir die minimalisering van enige skade;
2.4 muf, vogtigheid, stygende vog, roes, korrosie of verrotting.
SKADELOOSSTELLINGSPERK
Versekerde Item(s)
1. die Maatskappy se aanspreeklikheid sal nie die gegewe versekerde bedrag vermeld in die Skedule oorskry nie.
2. die Maatskappy sal nie meer as die redelike markwaarde van die versekerde eiendom onmiddellik voor die verlies of skade betaal nie, maar beperk tot die versekerde bedrag of die werklike SAFEX gerealiseerde prys, watter ook al die minste is, uitgesluit enige vervoerkoste of enige koste wat verband hou met dors, baal, oes en/of graadverskille;
 Bladsy | 264 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022



































































   264   265   266   267   268