Page 262 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 262

 Besproeiingsstelsels op wiele en Spilpunte
     Beskrywing van “gebruik”
   Eksklusief gebruik vir boerderydoeleindes en eie gebruik;
maar uitsluitende:
1. verhuring;
2. gebruik vir enige doel ten opsigte van die motorhandel;
3. gebruik vir ander doeleindes as waarvoor die voertuig ontwerp of gelisensieer is.
Die skadeloosstelling van die Versekerde ten opsigte van enige voertuig is van toepassing, terwyl sodanige voertuig onder die beheer of toesig van 'n lid van die motorhandel is, vir doeleindes van opknapping, versiening of herstelwerk, maar uitgesonder as die voertuig in besit, of op kommissie, of andersins is, met die doel om dit te verkoop of iets soortgelyks
 KLOUSULES EN UITBREIDINGS Afstanddoening van subrogasieregte
Die Maatskappy doen vir die doel van hierdie Afdeling afstand van alle subrogasie- of gedingvoeringsregte wat hulle mag hê of wat hulle mag verkry teen enige ander persoon op wie die skadeloosstelling hierkragtens van toepassing is, en elke sodanige persoon moet die Bepalings, Uitsonderings en Voorwaardes (Algemeen sowel as Spesifiek) van hierdie versekering nakom, uitvoer en daaraan onderworpe wees in soverre dit van toepassing mag wees.
Instandhouding/voldoening
Die Versekerde en/of enigeen wat namens die Versekerde optree en/of enige ander persoon wat die voertuig met die wete en toestemming van die Versekerde bedryf en/of beheer, moet alle redelike voorsorg tref om enige voertuig wat in die Skedule omskryf word, te beveilig teen verlies of skade en, dit in 'n doeltreffende toestand te hou, asook toesien dat gereelde onderhoudsinspeksies op sodanige versekerde voertuie uitgevoer word om die doeltreffende werking daarvan te verseker
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy ten alle tye vrye toegang het om sodanige voertuig te ondersoek. In die geval van enige ongeluk of onklaarraking moet sodanige voertuig nie sonder toesig gelaat word sonder dat behoorlike voorsorgmaatreëls getref word om verdere skade of verlies te voorkom nie, en indien sodanige voertuig in hergebruik geneem word voordat die nodige herstelwerk gedoen is, is enige toename van die skade, of verdere skade aan sodanige voertuig geheel en al die Versekerde se eie risiko;
2. die vervaardiger (maak en model) van elke item, sowel as die GPS-koördinate, moet in alle gevalle aan die Maatskappy voorsien word, voor die aanvang van versekering.
Kruisaanspreeklikhede
Waar meer as een Versekerde in die Skedule vermeld word, stel die Maatskappy elke Versekerde afsonderlik, en nie gesamentlik nie, skadeloos en enige aanspreeklikheid wat tussen sodanige Versekerdes ontstaan, word hanteer asof afsonderlike Polisse aan elk uitgereik is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die algehele aanspreeklikheid van die Maatskappy nie die skadeloosstellingsperk vermeld in die Skedule oorskry nie.
Onderdele
In die geval dat enige onderdeel nie as ʼn standaardartikel (klaar vervaardig) binne die Republiek van Suid-Afrika bekombaar is nie, sal die Maatskappy as volle ontslag ʼn bedrag gelykstaande aan die waarde van sodanige onderdeel ten tye van die verlies uitbetaal, maar die bedrag sal nie die vervaardigers se heersende pryslys vir sodanige onderdele in die Republiek van Suid-Afrika en die redelike koste vir vervoer, anders as deur lug, en die huidige arbeidskoste van toepassing daarop, oorskry nie.
 Bladsy | 260 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022













































































   260   261   262   263   264