Page 249 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 249
Verslegting van voorraad (Masjinerie breekskade)
Waarde
1. Die werklike aankoopprys wat die Versekerde sy verskaffer betaal vir die versekerde produkte of daardie deel daarvan wat deur die voorval geaffekteer is; of
2. die werklike aankoopprys wat die Versekerde sy Verskaffer betaal vir die versekerde produkte of daardie deel daarvan wat deur die voorval geaffekteer is waarby die koste van die verwerking van sodanige versekerde produkte wat die berging daarvan in die koelkamers voorafgaan, gevoeg word; of
3. die verkoopsprys van die versekerde produkte, of daardie deel daarvan wat deur die voorval met betrekking tot die versekerde koelkamer geaffekteer is
SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Die Maatskappy sal nie die Versekerde ten opsigte van die volgende skadeloosstel nie:
1. die eerste bedrag betaalbaar soos vermeld in die Skedule;
2. skade aan die versekerde produkte en/of koelkamer(s) weens kneusing, knaagdiere, peste of natuurlike agteruitgang, siekte of gebrek;
3. skade aan die versekerde produkte wat nie tydens die voorval gestoor is in die versekerde koelkamer(s) nie;
4. gevolglike verlies, skade of aanspreeklikheid wat voortspruit uit skade aan die versekerde produkte en/of koelkamer(s).
MEMORANDUM 1
In die geval van skade aan die versekerde produkte:
1. waar sodanige skade vereis dat die versekerde produkte vernietig word, moet die Versekerde ʼn sertifikaat van afkeuring bekom vanaf die toepaslike plaaslike owerheid ter bevestiging dat sodanige goedere vernietig moet word;
2. waar beweer word dat die waarde van die versekerde produkte weens die skade geaffekteer is, moet redelike bewys van sodanige effek op die waarde van die versekerde produkte deur die Versekerde voorgelê word;
3. waar die Versekerde verhoogde bedryfskostes aangegaan het ten einde die skade aan die versekerde produkte te vermy of te verminder, moet redelike bewys van die noodsaaklikheid vir die aangaan van sodanige koste deur die Versekerde voorsien word.
MEMORANDUM 2
Produkte gestoor in koelkamers
By die verstryking van elke Versekeringstydperk sal die Versekerde die volgende verklaring aan die Maatskappy lewer:
1. die gemiddelde maandelikse waarde van die Versekerde Produkte gestoor in die Koelkamer(s). Die voorlopige premie sal aangepas word volgens die tarief soos ooreengekom tussen die Versekerde en die Maatskappy en ʼn bykomende premie sal van die Versekerde gehef word of ʼn terugbetaling van premie sal aan die Versekerde gemaak word;
of
2. die maksimum waarde van die Versekerde Produkte gestoor in die Koelkamer(s) op enige enkele tydstip gedurende die Versekeringstydperk. Die voorlopige premie gehef sal volgens die tarief soos ooreengekom tussen die Versekerde en die Maatskappy, aangepas word en ʼn bykomende premie sal van die Versekerde gehef word of ʼn terugbetaling van premie sal aan die Versekerde gemaak word;
3. 3.1 die beraamde waarde op risiko vir die komende Versekeringstydperk in ooreenstemming met Voorbehoudsbepalings 1 hierbo;
3.2 die vervangingswaarde van die Koelkamer(s);
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die premie wat ten opsigte van hierdie Afdeling gehef word voorlopig is, en aanpasbaar is by die verstryking van elke Versekeringstydperk.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 247