Page 242 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 242

 3. vermorsing van materiaal of afslyting of uitslyting van enige deel van die masjinerie wat veroorsaak word deur, of voortspruit uit, die gewone gebruik of werking, of ander geleidelike agteruitgang;
4. tydelike herstelwerk en enige gevolge wat daaruit voortspruit, tensy die Maatskappy die tydelike herstelwerk gemagtig het;
5. vervangbare onderdele en gereedskap soos (maar nie beperk nie tot) stange, snyers, messe, sae, lemme, snymoere, patrone, rollers, siwwe, kettings, bande, toue, vervoerbande, las- en verpakkingsmateriaal. Indien hierdie onderdele of gereedskap beskadig word as gevolg van ʼn ongeluk aan ander dele van die versekerde masjinerie hierdeur verseker, sal die Maatskappy die Versekerde skadeloosstel vir die reswaarde voor die verlies van sodanige onderdele of gereedskap;
6. bykomende kostes vir spoedaflewering, oortyd, Sondag- en vakansieloontariewe tensy daar spesifiek daarvoor voorsiening gemaak word hierin;
7. koste van enige aanpassings, byvoegings, verbeterings en opknapping wat tydens herstelwerk uitgevoer word;
8. skade voortspruitend uit die misbruik van gereedskap of van eksperimentele oorlaaiing of toetse wat die neerlê van abnormale toestande vereis;
9. die waarde van beskadigde onderdele wat op enige manier gebruik kan word;
10. die koste van herstel of vervanging van enige fondasies, messelwerk of vuurvaste areas, tensy spesifiek vermeld word in die Skedule;
11. skade te wyte aan gebreke of foute wat reeds bestaan het by aanvang van hierdie versekering en wat bekend was of moes wees aan die Versekerde.
SPESIFIEKE VOORWAARDES Eise
Indien ʼn gebeurtenis plaasvind wat aanleiding gee, of aanleiding kan gee tot ʼn moontlike eis, moet die Versekerde:
1. alles doen wat hy/sy moontlik kan om die versekerde items te red en te bewaar;
2. mag voortgaan met die herstelwerk van die masjinerie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. hy/sy voldoen aan 1 hierbo;
2. die uitvoer van herstelwerk sonder benadeling van aanspreeklikheid aanvaar word;
3. enige beskadigde deel wat vervang moet word, gehou word vir inspeksie deur die Maatskappy.
Toegang
Die Versekerde moet die gemagtigde verteenwoordigers van die Maatskappy toelaat om die versekerde masjinerie op enige redelike tyd te inspekteer. Indien daar tydens inspeksie enige nuwe feite van die natuur van die risiko aan die lig kom, wat die risiko waarneembaar as meer gevaarlik stem, moet die Versekerde op versoek van die Maatskappy die risiko binne ʼn redelike tydsbestek verminder totdat dit weer normaal is. Versuiming hiervan het die Maatskappy die reg om dekking gedeeltelik of geheel en al op te skort totdat die risiko weer normaal is.
Verandering in werkomstandighede
Daar moet aan die Maatskappy kennis gegee word van enige beoogde verandering aan, of afwyking van normale werksomstandighede wat die risiko van skade aan die masjinerie, wat in die Skedule vermeld word, sal verhoog. Indien die Maatskappy nie die verandering of afwyking van normale werksomstandighede goedkeur nie, kan die Maatskappy die versekering van die betrokke masjinerie kanselleer en ʼn geskikte terugbetaling van premie maak.
SPESIALE MEMORANDA Onderhoud
Die masjinerie omskryf in die Skedule van hierdie Afdeling, sal onderhewig wees aan gereelde en toereikende onderhoudsprosesse wat onderneem word deur toepaslik opgeleide lede van die Versekerde se eie personeel of in terme van ʼn onderhoudskontrak met spesialis onderhoudsingenieurs.
Skakeltuig van verkoelingsmasjinerie
Die beherende skakeltuig van die verkoelingsmasjinerie wat in die Skedule van hierdie Afdeling beskryf word, sal die apparaat insluit vir outomatiese hervatting wat volg op ʼn onderbreking van die openbare elektrisiteitsvoorsiening.
Masjinerie Breekskade
  Bladsy | 240 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022








































































   240   241   242   243   244