Page 309 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 309

 Persoonlike ongevalle
 5. Enige Vergoeding wat deur die Maatskappy betaalbaar is vir enige tydperk van Tydelike Algehele Ongeskiktheid en/of Tydelike Gedeeltelike Ongeskiktheid of, vir die terugbetaling van Mediese Onkoste, sal verminder word met ʼn bedrag gelykstaande aan die Vergoeding wat ontvang word, of ontvangbaar is deur, of ten behoewe van die Versekerde Persoon kragtens die bepalings van die Wet op Vergoeding vir Beroeps-beserings en -siektes, 1993, vir Tydelike Ongeskiktheid (gedeeltelik of algeheel) vir dieselfde of ʼn korter tydperk en/of ten opsigte van Mediese Onkoste.
6. Enige Vergoeding wat deur die Maatskappy betaalbaar is vir enige tydperk van Tydelike Ongeskiktheid (gedeeltelik of algeheel), sal nie die gemiddelde weeklikse inkomste van die Versekerde Persoon ten tye van die ongeluk, oorskry nie.
7. Waar bedrae verhaalbaar van die Maatskappy vertraag word in afwagting van die finalisering van enige eis, kan betaling op rekening aan die Versekerde gemaak word, na die Maatskappy se goeddunke, na afloop van die ontvangs van ʼn sertifikaat deur ʼn mediese dokter aangestel deur die Maatskappy.
8. By betaling van ʼn eis kragtens Items 1 tot 2.4 (buiten verlies van gehoor in een oor) of van 100% (een honderd persent) kragtens Item 3 van die Tabel van Permanente Ongeskiktheid, sal hierdie Polis beëindig word ten opsigte van die Versekerde Persoon vir wie sodanige betaling gemaak is.
TABEL VAN PERMANENTE ONGESKIKTHEID
Die volgende persentasies (voordele) sal betaalbaar wees in die geval van Liggaamlike Beserings wat lei tot:
1. Permanente algehele ongeskiktheid 100%
2. Permanente en algehele verlies van
2.1 pols, enkel of ledemaat:
Verwydering by, of bokant die pols, of enkel van een/meer ledemate 100%
2.2 oog/oë:
hele oog 100% sig van oog 100% sig van oog behalwe waarneming van lig 100%
2.4 spraak 100%
 Ongeskiktheid
  Persentasie van skadevergoeding
          2.3 gehoor:
albei ore een oor
  100% 35%
    2.5 vinger(s) en falanks(e):
falankse, per falanks
duim, per falanks
vier volledige vingers enige hand
 5% 15% 75%
  2.6 tone:
enige een toon (behalwe groottoon) alle tone enige voet
groottoon, per falanks
 5% 35% 5%
  Permanente ongeskiktheid wat nie hierin gespesifiseer is nie
  ʼn persentasie wat na die mening van die Maatskappy sover moontlik eweredig is met bostaande
    3.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022
Bladsy | 307


































































   307   308   309   310   311