Page 311 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 311

 Persoonlike ongevalle
 MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy ʼn maksimum bedrag sal betaal van R50 000 (vyftig duisend rand) vir enige een sodanige persoon vir ieder en elke eis, en onderhewig is aan ʼn maksimum bedrag van R200 000 (twee honderd duisend rand) in enige enkele 12 (twaalf) maande versekeringstydperk;
2. die Maatskappy nie aanspreeklik is vir die eerste R250 (twee honderd en vyftig rand) van ieder en elke eis nie;
3. die Maatskappy slegs aanspreeklik sal wees vir die bedrae wat meer is as die bedrae betaal of betaalbaar kragtens enige ander Polis of kragtens enige Mediese Hulpskema, of Padongelukfonds of anders bekend, of soos gewysig deur wetgewing.
Gebiedsgrense
Dekking is oral in die wêreld van toepassing, tensy andersins beperk deur ʼn endossement en/of memorandum tot hierdie Afdeling.
Kaping/skaking/ontvoering
In die geval van die onwettige beslaglegging of wederregtelike uitoefening van beheer oor enige lugvaartuig of vervoermiddel (insluitende die bemanning daarvan) waarin die Versekerde Persoon reis, of die skaking of ontvoering van die Versekerde Persoon, sal die dekking in terme van die Tydelike Algehele Ongeskiktheid afdeling van die Polis van krag wees vir die duur van sodanige gebeurtenis, of 12 (twaalf) maande vanaf die datum van sodanige gebeurtenis, watter een ook al die kortste tydperk is.
Indien Tydelike Algehele Ongeskiktheid verseker is, sal die Maatskappy die kaping, skaking of ontvoering van ʼn Versekerde Persoon as ʼn eis vir Tydelike Algehele Ongeskiktheid beskou;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy se aanspreeklikheid beperk is tot die tydperk van die kaping, skaking of ontvoering of 12 (twaalf) weke, watter een ook al die kortste is;
2. geen vergoeding sal betaalbaar wees indien enige lid van die Versekerde Persoon se onmiddellike familie betrokke is by die kaping, skaking of ontvoering as ʼn hoofpersoon of as ʼn medepligtige nie.
Kindersorg
In die geval van Toevallige Liggaamlike Besering aan:
1. ʼn Versekerde Persoon se kind wat as gevolg van ongeskiktheid gereelde sorg en aandag benodig;
2. ʼn Versekerde Persoon of sy/haar gade wat as gevolg van ongeskiktheid verhoed word om sorg aan ʼn kind te gee;
sal die Maatskappy aan die Versekerde Persoon R300 (drie honderd rand) per dag betaal, gedurende die tydperk van sodanige ongeskiktheid;
MET DIEN VERSTANDE DAT: die Maatskappy sal:
1. nie aanspreeklik wees vir die eerste sewe (7) dae van ieder en elke eis nie;
2. slegs aanspreeklik wees vir ʼn tydperk van nie langer as 28 (agt en twintig) dae ten opsigte van ieder en elke eis nie;
3. slegs aanspreeklik wees vir ʼn maksimum bedrag van R15 000 (vyftien duisend rand) ten opsigte van enige Versekerde Persoon in enige een 12 (twaalf) maande versekeringstydperk, ongeag die aantal kinders wat die Versekerde Persoon het;
4. slegs aanspreeklik wees vir ʼn maksimum bedrag van R100 000 (een honderd duisend rand) per Polis in enige 12 (twaalf) maande versekeringstydperk;
5. nie aanspreeklik wees vir enige eis ten opsigte van ʼn kind wat ouer as 16 (sestien) jaar is nie;
6. slegs aanspreeklik wees indien aaneenlopende behandeling en sorg van ʼn gekwalifiseerde, geregistreerde mediese praktisyn nodig is vir die toestand wat die kind of ouer(s) ongeskik gelaat het;
7. slegs aanspreeklik wees indien die kind ʼn permanente inwoner by die Versekerde Persoon is.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 309








































































   309   310   311   312   313