Page 313 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 313
Persoonlike ongevalle
Paraplegie
Wanneer die Maatskappy ʼn eis vir Permanente Algehele Ongeskiktheid erken het, en as ʼn direkte oorsaak van die Toevallige Liggaamlike Besering daar gevolglike algehele verlamming van die onderste helfte van die liggaam, insluitende beide bene, van die Versekerde Persoon is, sal die Maatskappy, bykomend tot enige bedrag betaalbaar vir Permanente Algehele Ongeskiktheid, ʼn verdere 10% (tien persent) van die voordeel betaal vir Permanente Algehele Ongeskiktheid onderhewig aan ʼn minimum bedrag van R50 000 (vyftig duisend rand) tot ʼn maksimum bedrag van R500 000 (vyf honderd duisend rand).
Rehabilitasiekoste
In die geval waar die Versekerde aantoon, tot die redelike bevrediging van die Maatskappy, dat ʼn Versekerde Persoon ly aan Permanente Ongeskiktheid wat sodanig is dat hy/sy nie kan voortgaan om die beroep te beoefen waar hy/sy ten tye van die ongeluk werksaam was nie, maar heropgelei kan word deur die Versekerde, of deur enige geregistreerde opleidingsentrum, sal die Maatskappy 80% (tagtig persent) bydra tot sodanige heropleidingskoste tot ʼn maksimum aanspreeklikheid van R150 000 (een honderd en vyftig duisend rand) per Versekerde Persoon.
Repatriasiekoste
In die geval waar daar ʼn geldige eis is vir ernstige Toevallige Liggaamlike Besering, sal die Maatskappy die redelike en noodsaaklike uitgawes aangegaan betaal vir die repatriasie van die Versekerde Persoon na waar hy/sy normaalweg woonagtig is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die aanspreeklikheid van die Maatskappy ten opsigte van enige enkele eis nie die bedrag van R200 000 (twee honderd duisend rand) vir enige enkele Versekerde Persoon sal oorskry nie;
2. voorafgaande toestemming van die Maatskappy verkry word om die Versekerde Persoon te repatrieer en sodanige toestemming nie sonder rede weerhou sal word nie.
Soek en redding
Die Maatskappy sal die redelike en noodsaaklike koste en uitgawes betaal wat aangegaan is vir die soek en redding, insluitend die bevryding en om die Versekerde Persoon na ʼn plek van veiligheid te bring, ten gevolge van, of om te verhoed dat Toevallige Liggaamlike Besering opgedoen word deur ʼn Versekerde Persoon;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees indien ʼn Versekerde Persoon gevind word in omstandighede wat onwaarskynlik Toevallige Liggaamlike Beserings tot gevolg kan hê nie;
2. die maksimum bedrag betaalbaar deur die Maatskappy sal R100 000 (een honderd duisend rand) beloop vir enige enkele Versekerde Persoon vir enige enkele gebeurtenis;
3. die maksimum bedrag betaalbaar deur die Maatskappy gedurende enige 12 (twaalf) maande versekeringstydperk R500 000 (vyf honderd duisend rand) sal wees.
Terrorisme
Hierdie Polis is uitgebrei om die Toevallige Dood of Ongeskiktheid van ʼn Versekerde Persoon wat spruit uit die handeling van “terrorisme” soos gedefinieer in die Verdedigingswet van 1957 of soos gewysig, in te sluit;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees om vergoeding te betaal vir dood of ongeskiktheid nie wat voortspruit uit:
1. die optrede van sodanige persoon of verpligting in terme van die Verdedigingswet of die Polisiedienswet van enige land of op ʼn plek vanwaar militêre- of polisie-aktiwiteite uitgevoer word; of
2. sodanige persoon se betrokkenheid in enige militêre- of polisie-aktiwiteite teen ʼn vyand van enige land, besig om “terrorisme” te bekamp soos gedefinieer in die Verdedigingswet of “operasies ter verdediging van enige land”.
Traumaberading
In die geval waar ʼn Versekerde Persoon onderwerp word aan gewelddadige optrede of ʼn traumatiese ongeluk, sal die Maatskappy die beradingsfooie betaal wat werklik deur sodanige persoon aangegaan is as gevolg van die gewelddadige optrede of die traumatiese ongeluk;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 311