Page 314 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 314
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die maksimum bedrag betaalbaar deur die Maatskappy sal R1 000 (een duisend rand) per konsultasie en R10 000 (tien duisend rand) per jaar vir elke Versekerde Persoon beloop en R100 000 (een honderd duisend rand) in geheel vir enige enkele versekeringstydperk van 12 (twaalf) maande;
2. gewelddadige optrede sal beteken ʼn aanranding, roof, verkragting of gewapende motorkaping;
3. vir die doel van hier uitbreiding alleen, sal Versekerde Persoon die onmiddellike familielede van sodanige Versekerde Persoon insluit, wat onderwerp word aan dieselfde voorval of gebeurtenis van geweld of traumatiese ongeluk as die Versekerde Persoon;
4. die gewelddadige voorval aan die polisie gerapporteer en ʼn saaknommer verkry is.
Tydelike bestuurders
Indien, as gevolg van ʼn Toevallige Liggaamlike Besering, die Versekerde Persoon nie in staat is om na en van sy/haar normale werkplek te bestuur nie, maar andersins in staat is om sy/haar gewone besigheid of beroep te hervat, sal die Maatskappy die koste betaal vir die aanstelling van ʼn tydelike bestuurder;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. sodanige koste nie bykomend betaal sal word tot enige bedrag betaalbaar vir Tydelike Algehele Ongeskiktheid nie;
2. sodanige koste beperk sal word tot die bedrag van R2 000 (twee duisend rand) per week of die Tydelike Algehele Ongeskiktheidsvoordeel van toepassing op sodanige Versekerde persoon, watter een ook al die minste is;
3. hierdie uitbreiding sal slegs van toepassing wees indien die Versekerde Persoon, voor die ongeluk, gereeld die voertuig na en van die werk af bestuur het;
4. die weeklikse voordeel nie betaal sal word vir ʼn tydperk langer as die aantal weke verseker ten opsigte van die Tydelike Algehele Ongeskiktheidsvoordeel nie.
Veiligheidsgordelvoordeel
Die Maatskappy sal ʼn bykomende 10% (tien persent) van die Versekerde Persoon se Dood- of Permanente Ongeskiktheidsvoordeel betaal, tot en met ʼn maksimum bedrag van R100 000 (een honderd duisend rand);
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Versekerde Persoon ʼn behoorlike fabrieksgeïnstalleerde veiligheidsgordel gedra het terwyl hy/sy bestuur het, of ʼn passasier in ʼn privaat motorvoertuig was toe die ongeluk Dood of Algehele Ongeskiktheid veroorsaak het.
Bewys dat die veiligheidsgordel werklike gedra is ten tye van die ongeluk moet deel vorm van die amptelike verslag van die ongeluk of dit moet skriftelik deur die ondersoekbeampte(s) gesertifiseer word.
Verdwyning
Indien na ʼn gepaste tydperk van die verdwyning van ʼn Versekerde Persoon, dit redelik is om te glo dat sodanige persoon dood is as gevolg van Toevallige Liggaamlike besering, sal die Doodsvoordeel uitbetaal word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
indien sodanige opvatting nie korrek is nie, sal sodanige voordeel aan die Maatskappy terugbetaal word deur die Versekerde.
Verminking
Die Tabel van Permanente Ongeskiktheid word hierdeur uitgebrei om liggaamlike beserings wat permanente verminking tot gevolg het, in te sluit van:
1. die kop, nek en hande – met dien verstande dat die totale area wat aangetas is meer as 20% (twintig persent) van die totale area is;
2. alle ander areas van die liggaam – met dien verstande dat die totale area wat aangetas is en, waarop vergoeding bereken word, meer as 5% (vyf present) van die totale liggaamsarea oorskry.
Persoonlike ongevalle
Bladsy | 312 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022