Page 316 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 316

 7. 7.1
na aanleiding van oorlog, inval, die optrede van ʼn buitelandse vyand, vyandelikhede (hetsy oorlog verklaar is of nie), burgeroorlog, muitery, opstand, rebellie, revolusie, militêre of geüsurpeerde gesag of enige gebeurlikhede of oorsake wat lei tot die afkondiging of gestanddoening van krygswet;
7.2 terwyl sodanige Versekerde Persoon besig is met aktiewe diens in die weermag, vloot, lugmag of polisiedienste van enige land;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Afdeling voortgaan om van toepassing te wees op Toevallige Liggaamlike Besering opgedoen onafhanklik van sodanige gebeurlikhede;
8. wie se dood en ongeskiktheid regstreeks of onregstreeks toegeskryf kan word aan die Menslike Immuniteitsgebreksvirus (MIV en/of enige MIV verwante siekte) of Verworwe Immuniteitsgebreksindroom (VIGS), insluitende afleidings of variasies daarvan, hoe dit ook al veroorsaak word. Die onus sal altyd op die Versekerde rus om te bewys dat dood of ongeskiktheid van ʼn Versekerde Persoon nie voorspruit uit, of nie veroorsaak is deur, VIGS of MIV nie;
9. terwyl hy/sy aan sport as ʼn professionele speler deelneem. Vir die doel van hierdie uitsluiting is ʼn professionele speler ʼn persoon wat meer as 50% (vyftig persent) van hulle inkomste verdien deur aan sport deel te neem;
10. wie se beroep insluit die vervaardiging, stoor, gebruik of hantering van plofstof of ploftoestelle. Hierdie Uitsluiting is nie van toepassing op bo- of ondergrondse mynbouberoepe nie.
SPESIFIEKE VOORWAARDES
1. Hierdie Afdeling is nie oordraagbaar nie. Vergoeding sal slegs aan die Versekerde betaalbaar wees wie se kwitansie sal dien as volle en finale ontslag van die Maatskappy. Geen Versekerde Persoon sal enige reg teen die Maatskappy hê nie.
2. Geen bedrag kragtens hierdie Polis sal enige rente dra nie.
3. Hierdie Afdeling kan op aandrang van die Maatskappy ongeldig verklaar word in die geval van wanvoorstelling, of wanbeskrywing, of weerhouding van inligting deur of namens die Versekerde, of ʼn Versekerde Persoon ten opsigte van enige bepaalde gegewens van hierdie versekering.
4. Die Maatskappy moet skriftelik in kennis gestel word, op die voorgeskrewe eisvorm so gou prakties moontlik, maar in elke geval binne 12 (twaalf) maande na enige gebeurtenis wat aanleiding mag gee tot ʼn eis kragtens hierdie Afdeling, maar kennis van dood moet onverwyld gegee word en die Maatskappy sal die reg hê tot ʼn nadoodse ondersoek van die liggaam.
Alle sertifikate, inligting en bewyse wat deur die Maatskappy versoek mag word, sal kosteloos aan die Maatskappy verskaf word, binne 30 (dertig) dae nadat die Maatskappy die Versekerde van hulle vereistes in kennis gestel het.
Na die opdoen van ʼn Liggaamlike Besering waarvoor vergoeding kragtens hierdie Afdeling betaalbaar mag wees, sal die Versekerde Persoon, wanneer redelikerwys deur die Maatskappy daartoe versoek word, ʼn mediese ondersoek ondergaan, namens en, op die onkoste van die Maatskappy en enige daaropvolgende behandeling soos gespesifiseer. Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees vir betaling tensy hierdie Voorwaarde tot hulle tevredenheid nagekom word nie.
Gekwalifiseerde mediese advies sal spoediglik na die gebeurtenis van enige Liggaamlike Besering gesoek en nagevolg word, en die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees vir enige deel van enige eis wat, na die mening van hulle mediese adviseur spruit uit die, onredelike en opsetlike nalatigheid of versuim van ʼn Versekerde Persoon om die sorg van ʼn gekwalifiseerde lid van die mediese professie te soek en daaronder te bly nie.
Persoonlike ongevalle
 5. as ʼn direkte oorsaak van die Versekerde Persoon:
5.1 wat onder die invloed van alkohol, dwelms of verdowingsmiddels is, tensy sodanige dwelms of verdowingsmiddels wettig deur ʼn mediese praktisyn (behalwe die Versekerde Persoon) toegedien is, of tensy dit voorgeskryf is deur, en geneem word in, ooreenstemming met die instruksies van ʼn mediese praktisyn (behalwe die Versekerde Persoon);
5.2 wat ʼn motorvoertuig bestuur terwyl hy/sy meer as die wettige perk alkohol in sy/haar bloed het. Die wettige perk van toepassing sal ooreenstem met die wetgewing van toepassing in die gebied waar die ongeluk plaasvind;
6. terwyl hy/sy deelneem aan enige oproer, staking, burgerlike beroering, openbare wanorde, of as ʼn gevolg van die opsetlike pleeg van ʼn kriminele oortreding;
 Bladsy | 314 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022













































































   314   315   316   317   318