Page 318 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 318
4. Die beseerde persoon is nie verplig om van hierdie bystandsdienste gebruik te maak nie en mag alternatiewe bystand bekom, in welke geval die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees vir enige kostes aangegaan nie.
5. Die Kundige bystand vir ongelukke is slegs beskikbaar vir Ongeluk, besering, of voorval wat binne die Republiek van Suid-Afrika plaasvind.
6. Ten tye van die Ongeluk, besering of voorval moet die Versekerde en die Versekerde Persoon voldoen aan die wetlike en regulerende aangeleenthede vereis deur die Wette van die Vergoedingskommissaris in terme van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes en/of die POF.
7. Die Kundige bystand vir ongelukke voorsien deur Roadcover, waarborg nie prestasie van, of deur die Vergoedingskommissaris (COIDA) en/of die POF nie.
MIV/Vigs Bystand
Die Maatskappy sal die Versekerde Persoon met MIV/Vigs Bystanddienste voorsien ten opsigte van alle eise wat voortspruit uit Toevallige blootstelling aan MIV/Vigs, onderhewig aan die standaard Terme, Voorwaardes, Bepalings, en Uitsluitings soos vermeld in Aanhangsel 2 aangeheg by die Polisskedule. Sodanige eis vir Toevallige blootstelling aan MIV/Vigs moet binne 24 (vier en twintig) uur na die Toevallige blootstelling by die noodnommer hieronder gerapporteer word.
Die noodkontaknommer is 0861 555 114
Die volgende voordele wat voorsien word en prosedures wat gevolg moet word, word meer breedvoerig in Aanhangsel 2 van die Polisskedule beskryf:
1. 24 (vier en twintig) uur toegang tot die oproepsentrum vir inligting, proses-instruksies, raad en ondersteuning;
2. aanstel van ʼn gevallebestuurder, dokter of ʼn opgeleide verpleegkundige;
3. berading rakende MIV-blootstelling (indien dit nog nie voorheen gedoen is nie) en;
4. die nodige mediese protokol wat gevolg moet word.
Sou die Versekerde Persoon MIV-positief wees by die aanvanklike toetsing, sal geen verdere hulp verskaf word nie.
Oorlog risiko’s
Dit word verklaar en ooreengekom dat Spesifieke Uitsondering 7 ten volle geskrap word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees om vergoeding te betaal ten opsigte van hierdie Uitbreiding vir eise wat ontstaan terwyl die Versekerde Persoon aan diens is, of opleiding by enige weermag of polisiediens ondergaan nie;
2. die Uitbreiding mag te enige tyd deur die Maatskappy gekanselleer word deur 30 (dertig) dae skriftelike kennis daarvan te gee.
Plaasmoorde
In die geval van dood van sodanige persoon as gevolg van ʼn moord, uitsluitlik veroorsaak deur en regstreeks in verband met 'n aanval op die plaas, sal die Maatskappy dubbel vergoeding betaal ten opsigte van Toevallige Doodsvoordele;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die maksimum bykomende bedrag betaalbaar ten opsigte van die dood van enige enkele sodanige persoon ten opsigte van die Uitbreiding nie R30 000 (dertig duisend rand) sal oorskry nie;
2. die dekking ten opsigte van hierdie Uitbreiding beperk sal word tot moord wat plaasgevind het op die eiendom wat vir landboudoeleindes aangewend word, en die eiendom is, of bewoon word deur ʼn huurder, of benut word deur sodanige persoon of sodanige persoon se eggenoot/eggenote;
3. versekeringsdekking moet van krag wees op ten minste vyf Afdelings van hierdie Polis wat die volgende Afdelings moet insluit:
3.1 3.2 3.3
Brand; Huisbewoners; Motor;
Persoonlike ongevalle
Bladsy | 316
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022