Page 319 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 319
Persoonlike ongevalle
3.4 Gekombineerde Aanspreeklikheid;
3.5 Persoonlike Ongevalle;
4. vir die doel van hierdie Uitbreiding sal die term “sodanige persoon” beperk word tot die Versekerde(s) en sy/ haar/hulle eggenoot/eggenote alleenlik, in hul hoedanigheid as eienaar(s), mede-eienaar(s) of huurder(s) van die eiendom wat bewoon word vir landboudoeleindes;
5. die bedrag betaalbaar ten opsigte van hierdie Uitbreiding sal bykomend wees tot die vergoeding vir Dood soos in die Skedule vermeld vir sodanige persoon.
Toevallige MIV blootstelling
Indien ʼn Versekerde Persoon besmet raak met Menslike Immuniteitsgebreksindroom (MIV) as gevolg van ʼn toevallige liggaamlike blootstelling wat spruit uit, en in die loop van sy/haar beroep plaasvind, sal die Maatskappy aan die Versekerde betaal, namens die Versekerde Persoon of sy/haar boedel, die bedrag vermeld in die Skedule.
Vir die doel van hierdie Opsionele Uitbreiding, raak ʼn Versekerde Persoon nie besmet met MIV binne die betekenis van hierdie Versekering nie, tensy:
1. die Versekerde Persoon binne ʼn tydperk van 24 (vier en twintig) uur wat volg op die toevallige blootstelling, ʼn amptelike verslag indien van sodanige blootstelling by die genomineerde verantwoordelike persoon binne die Versekerde se organisasie, wat om die beurt die Maatskappy skriftelik in kennis moet stel binne 72 (twee en sewentig) uur van sodanige toevallige blootstelling; en
2. binne 72 (twee-en-sewentig) uur na sodanige blootstelling, sal die Versekerde Persoon ʼn toets ondergaan, uitgevoer deur ʼn geregistreerde mediese praktisyn in ooreenstemming met laboratorium- en kliniese standaarde wat voldoen aan goeie kliniese praktyk, op daardie datum wat demonstreer dat die Versekerde Persoon nie MIV het nie, en
3. binne ʼn tydperk van drie (3) kalendermaande vanaf die datum van die toevallige blootstelling en gedurende sy leeftyd, die Versekerde Persoon aanvanklik deur ʼn geregistreerde mediese praktisyn gediagnoseer word dat hy/ sy MIV positief is, moet die diagnose gemaak word in ooreenstemming met laboratorium- en kliniese standaarde, wat voldoen aan goeie kliniese praktyk.
Spesifieke Voorwaardes
1. Die Maatskappy is daarop geregtig om te vereis dat enige toets gedupliseer word deur ʼn geregistreerde mediese praktisyn van hul keuse.
2. Indien die uitslag van enige toets wat deur die Versekerde Persoon se geregistreerde mediese praktisyn uitgevoer is verskil van, die toets wat deur die Maatskappy se mediese praktisyn uitgevoer is, sal die finale toets gedoen word deur ʼn ander geregistreerde mediese praktisyn wat vir beide partye aanvaarbaar is, indien daar nie ooreengekom kan word nie, sal ʼn geregistreerde mediese praktisyn deur die President van die Mediese Vereniging van Suid- Afrika aangewys word en sy/haar bepaling sal bindend wees.
3. Indien die Versekerde Persoon met “MIV” besmet word, sal die datum van sy/haar infeksie beskou word as die datum van toevallige blootstelling, tensy die teendeel bewys word.
4. Na die aanmelding van ʼn Gebeurtenis wat kon aanleiding gee tot ʼn eis in terme van hierdie versekering, sal die Maatskappy ten alle tye gedurende en na die versekeringstydperk toegang hê tot die Versekerde Persoon se mediese rekords soos deur die Versekerde gehou.
Spesifieke Uitsonderings
Geen eis sal betaal word nie indien:
1. die Versekerde Persoon onder die vel of binne-aarse dwelms gebruik of gebruik het, tensy dit as deel van mediese behandeling deur ʼn geregistreerde mediese praktisyn voorgeskryf is;
2. dit regstreeks of onregstreeks bygedra het tot, of enige mediese toestand veroorsaak het, wat bekend was of redelikerwys aan die Versekerde Persoon bekend sou wees en wat nie verklaar en genoteer is deur die Maatskappy voor die aanvang van die versekering nie;
3. die Versekerde Persoon versuim of weier om hom-/haarself spoediglik beskikbaar te stel vir ʼn ondersoek of verwante toetse wat versoek word;
4. die Versekerde Persoon nie meer verseker is wanneer die MIV-positiewe diagnose gemaak word nie.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 317