Page 321 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 321

 Persoonlike ongevalle
     Ernstige siekte beteken enige van die volgende (vervolg):
   5. Kroniese Lewersiekte
Eindstadium lewerversaking soos bewys deur die volgende:
5.1 Permanente geelsug;
5.2 Askites en
5.3 Hepatiese enkefalopatie.
6. Koma
ʼn Toestand van onbewustheid met geen uitwerking of reaksie op eksterne stimulasie of interne behoeftes nie, en waar permanente neurologiese agterstand teenwoordig is, waar daar volhard word met die gebruik
van lewensondersteuningstelsels wat die gebruik van ’n respirator vir ʼn onbepaalde tydperk moet insluit.
7. Hartaanval
Die dood van ʼn betekenisvolle deel van die hartspier as gevolg van onvoldoende bloedvloei na die relevante area. Die diagnose sal die volgende kriteria insluit:
7.1 ʼn geskiedenis van tipiese borskaspyn;
7.2 nuwe EKG veranderinge; en
7.3 verhoging van hart ensieme.
8. Hartklep chirurgie
Die eerste geleentheid van oop of endoskopiese hartklep chirurgie, uitgevoer om een of meer hartkleppe te vervang of te herstel, as ʼn gevolg van gebrek wat nie deur binne-aarse kateterprosedures alleen herstel kan word nie. Die chirurgie moet uitgevoer word na aanbeveling van ʼn konsultantkardioloog.
9. Nierversaking
Eindstadium nierversaking wat voorgestel word as ʼn chroniese onomkeerbare versaking van beide niere om te funksioneer, as gevolg waarvan gereelde nierdialise ingestel moet word.
10. Gehoorverlies
Algehele en onomkeerbare verlies van gehoor in beide ore van alle klanke as gevolg van ʼn chroniese siekte soos bewys en bevestig deur mediese oudiometrie en klankdrempeltoetse.
11. Spraakverlies
Algehele en onherstelbare verlies van die vermoë om te praat vir ʼn aaneenlopende tydperk van 12 (twaalf) maande as gevolg van siekte aan die stembande, wat bewys en bevestig is deur mediese verslae, insluitende bevestiging van geen prognose vir herstel nie. Verlies van spraak sal beteken die onvermoë om ʼn verstaanbare woord te spreek of verstaanbare verbale taal te gebruik.
12. Groot Orgaanoorplanting
Die mens tot mens orgaanoorplanting vanaf ʼn skenker na die Versekerde Persoon van een of meer van die volgende organe:
12.1 nier;
12.2 hart;
12.3 long;
12.4 pankreas; of
12.5 beenmurg;
maar uitsluitend die oorplanting van alle ander organe, dele van organe of enige ander weefsel.
bevestiging van geen prognose vir herstel nie. Verlies van spraak sal beteken die onvermoë om ʼn verstaanbare woord te spreek of verstaanbare verbale taal te gebruik.
  Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 319


































































   319   320   321   322   323