Page 322 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 322

 Persoonlike ongevalle
    Ernstige siekte beteken enige van die volgende (vervolg):
  13. Motorneuronsiekte
Die ondubbelsinnige diagnose van Motorneuronsiekte, gesertifiseer deur
ʼn konsultant neuroloog, met kenmerkende aanhoudende ergerwordende neurologiese agterstand tot ʼn permanente onvermoë om ten minste drie (3) van die ses (6) Aktiwiteite van die Daaglikse Lewe uit te voer:
13.1 Bad: die vermoë om te stort of te bad;
13.2 Selfbeheersing: die vermoë om ontlasting en blaasfunksie te beheer;
13.3 Aantrek: die vermoë om klere aan en uit te trek;
13.4 Voeding: die vermoë om voedsel vanaf die bord na die mond te
bring;
13.5 Beweeglikheid: die vermoë om in en uit ʼn bed of stoel te kom;
13.6 Toiletgebruik: die vermoë om die toilet te gebruik om persoonlike
higiëne te handhaaf.
14. Veelvoudige sklerose
ʼn Siekte gekenmerk deur demyelinisering in die brein en rugmurg. Die diagnose moet onomwonde wees en deur ʼn konsulterende neuroloog gemaak word. Daar moet meer as een episode van duidelik waarneembare neurologiese agterstand met voortdurende neurologiese abnormaliteite en met ten minste 25% (vyf en twintig persent) verswakking van die funksie wees. Die diagnose moet ondersteun word deur bevestigende neurologiese ondersoeke, bv. lumbale punksie, ontlokte visuele reaksies, MRB (Magnetiese resonansiebeelding) bewyse van skade in die sentrale senuweestelsel
15. Spierdistrofie
ʼn Degeneratiewe chroniese en progressiewe siekte met kenmerkende aanhoudende toenemende spierverswakking gesertifiseer deur ʼn konsulterende neuroloog, en wat onderhewig sal wees aan ʼn kombinasie van drie (3) uit vier (4) van die volgende:
15.1 familiegeskiedenis;
15.2 kliniese beeld, insluitende die afwesigheid van sensoriese steuring,
normale serebrospinale vloeistof en matige afname in ligament-
reflekse;
15.3 kenmerkende elektromiogram;
15.4 kliniese vermoede bevestig deur spier biopsie wat die diagnose van
spierdistrofie bevestig.
16. Paraplegie
Die algehele en onomkeerbare verlies van die gebruik van beide bene of beide arms.
17. Parkinson se siekte
ʼn Degeneratiewe chroniese en progressiewe siekte van die sentrale senuweesisteem wat veroorsaak word deur gebrekkige vorming en werking van dopamien, verswakte motoriese vaardighede en spraak, wat lei tot spierstyfheid, bewing, verstadiging van fisiese beweging (bradikinese) en, in ernstige gevalle, ʼn verlies van fisiese beweging (akinese).
18. Beroerte
Enige serebrovaskulêre gebeurtenis of ongeluk wat ʼn beduidende neurologiese gevolg het vir meer as 24 (vier en twintig) uur aaneenlopend wat infarksie van die breinweefsel, bloeding, en embolisme van ʼn ekstra kraniale oorsprong insluit. Bewyse van belemmerende permanente neurologiese agterstand moet gelewer word.
       Bladsy | 320 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022




































































   320   321   322   323   324