Page 324 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 324

 Motorbote, seiljagte en klein vaartuie
  MOTORBOTE, SEILJAGTE EN KLEIN VAARTUIE
ONDERAFDELING A – EIE SKADE
VAARTUIG – OMSKREWE GEBEURTENISSE 1. Verlies van of skade:
aan enige vaartuig beskryf in die Skedule, terwyl:
1.1 op see, in hawens en op riviere, of op binnelandse water insluitende terwyl dit vasgemeer, uit dok gebring, te water gelaat of uitgehaal word en terwyl dit op sleeptou is, of waterskiërs, of vaartuie in nood op sleeptou het;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. sodanige sleeptou- of bergingsdienste nie onderneem word ingevolge 'n kontrak wat vooraf deur, of namens die Versekerde of enige ander party ooreengekom is nie;
2. die versekerde vaartuig nie 6 (ses) meter in lengte oorskry nie.
1.2 in transito per pad, spoor, see of lug, insluitende terwyl dit opgelaai of afgelaai word;
1.3 aan wal is, insluitende terwyl in droogdok, of op die persele van kontrakteurs om opgeknap, herstel of
ondersoek te word.
ANDER EIENDOM – OMSKREWE GEBEURTENISSE 1. Verlies van of skade:
aan die ondergemelde eiendom mits sodanige eiendom spesifiek beskryf en onder 'n aparte versekerde bedrag in die Skedule verseker word:
1.1 boot, seiljag- of bemanningsklere en ander gespesifiseerde persoonlike besittings;
1.2 duik- en visvangtoerusting, waterski's, ski-toue en ander sporttoerusting;
1.3 voedsel, brandstof en ander voorrade, reddingsgordels en mediese toerusting;
1.4 verkykers, meetskywe, visopsporings- en ander soortgelyke toerusting;
1.5 seevaartboeke, -kaarte en skeepvaarttoerusting;
1.6 radar, radio, televisie en elektroniese toerusting.
SLEEPWA – OMSKREWE GEBEURTENISSE 1. Verlies van of skade aan:
die sleepwa en/of inlooptrollie in die Skedule omskryf insluitende die permanente toebehore daaraan geheg. MET DIEN VERSTANDE DAT:
Die sleepwa verseker is ingevolge die Motorafdeling van hierdie polis.
VERSEKERDE GEBEURTENISSE
Toevallige verlies of skade aan die geheel of gedeelte van die eiendom beskryf in die Skedule, nie andersins uitgesluit nie, maar insluitende:
1. stranding, sinking of botsing;
2. die bars van stoomketels, breek van aste, verborge euwels in romp en/of masjinerie insluitende ongelukke tydens die laai, aflaai en hantering van voorrade, toerusting, uitrusting, masjinerie of brandstof en verlies of skade veroorsaak deur die nalatigheid van enige persoon hoegenaamd;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die koste daarvan om te vergoed vir enige fout wat ontstaan as gevolg van óf nalatigheid óf kontrakbreuk ten opsigte van enige herstelwerk of verstelling gedoen vir die rekening van die Versekerde ten opsigte van onderhoud, uitgesluit is.
 Bladsy | 322 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022





































































   322   323   324   325   326