Page 326 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 326

 Motorbote, seiljagte en klein vaartuie
 4. Bykomende koste
Die Maatskappy sal boonop betaal vir:
1. die onkoste verbonde aan die besigtiging van die bodem nadat die versekerde vaartuig gestrand of gesink het of in ʼn botsing was, indien redelikerwyse aangegaan spesifiek vir daardie doel, selfs al sou geen skade gevind word nie;
2. bergingskoste aangegaan in die voorkoming van 'n verlies vanweë enige gevaar soos in die Afdeling vermeld;
3. koste en uitgawes redelikerwyse aangegaan om 'n verlies wat aanleiding sou gee tot 'n eis onder die Afdeling te minimaliseer of te verhoed.
5. Vermindering van ʼn eis
ʼn Eis mag verminder word deur aftrekking na gelang van nuwe materiaal wat ou materiaal vervang en na die Maatskappy se goeddunke in verband met verlies van of skade aan:
1. seile, skutbedekkings en opgestelde takelwerk;
2. buiteboordmotor(s), binneboordmotor(s), batterye en masjinerie.
6. Onderdele
In geval van verlies van of skade aan die versekerde eiendom, sal die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van enige nuwe onderdele wat benodig mag word as gevolg van sodanige verlies of skade en wat onverkrygbaar is in die Republiek van Suid-Afrika, Namibië of Botswana, of verouderd in patroon is, beperk word tot die waarde van sodanige onderdele ten tye van die verlies of skade, maar sal nie die vervaardigers se jongste katalogus of pryslys oorskry vir sodanige onderdele nie;
OMSKRYWINGS
Enige toebehoor of onderdeel wat nie deur die vervaardiger as standaard toerusting verskaf word nie en wat na verkope aangebring is (opsionele ekstra)
 Toebehore en onderdele (nie- standaard)
     Sertifikaat van Bevoegdheid
ʼn Sertifikaat, insluitende enige verbandhoudende endossemente, uitgereik deur ʼn Sertifiserings-owerheid wat die regmatige houer daarvan die reg gee om in die hoedanigheid op te tree en die funksies uit te voer wat met ʼn vaartuig van daardie soort, kategorie, tonnemaat of lengte, krag en aard van aandrywing, verband hou
     Sertifikaat van Geskiktheid
ʼn Sertifikaat, insluitende enige verbandhoudende endossemente, uitgereik ten opsigte van ʼn Vaartuig wat aan die vereistes volgens die “Handelskeepvaart Regulasies, 2007”, voldoen
     Sertifiserings-owerheid
Die Owerheid, tot die mate waarin dit aangewys is ingevolge Regulasie 30 (1) van die “Handelskeepvaart Regulasies, 2007”, om die funksies van ʼn Sertifiserings- owerheid en ʼn Gemagtigde Agent uit te voer
     Omskrywing van “gebruik”
Gebruik vir huishoudelike, pret-, ontspannings- en privaatdoeleindes, maar uitsluitend:
1 gebruik ten opsigte van enige besigheid, handel of beroep of terwyl die versekerde eiendom uitverhuur word;
2. gebruik in wedvaarte of spoedtoetse of in enige proeflopies in verband daarmee;
3. verhuring;
4. vervoer van passasiers te huur of vervoer van passasiers teen ʼn fooi;
5. vervoer van enige vrag of passasiers wat die drakapasiteit waarvoor die vaartuig gebou en gelisensieer is, oorskry;
6. die gebruik van die vaartuig vir doeleindes waarvoor dit nie gebou of gelisensieer is nie
     Bladsy | 324 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022





































































   324   325   326   327   328