Page 327 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 327

 Motorbote, seiljagte en klein vaartuie
    Gebeurtenis
   Die woord “gebeurtenis” beteken ʼn gebeurtenis of reeks gebeurtenisse wat ontstaan uit een oorsaak in verband met enige enkele vaartuig, ten opsigte waarvan skadeloosstelling deur hierdie versekering verleen word
   Vaartuig
  Die vaartuig se romp, motor, masjinerie, roer, skroef, meublemente, los en
vaste toebehore, bykomstighede en die vaartuig se boot (bote), reddingsboeie, vasmeertoue en kettings, skutbedekkings insluitende buiteboordmotor(s) en seile, rondhoute, maste en takelwerk;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
sodanige eiendom onder ʼn aparte bedrag in die Skedule verseker is, uitsluitende die eiendom meer spesifiek omskryf in Onderafdeling B
  SPESIFIEKE UITSONDERINGS (van toepassing op Onderafdeling A)
Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees nie vir:
1. verlies of skade regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur, of wat ontstaan uit, of waartoe bygedra word deur slytasie en verweer, waardevermindering, verslegting of veroorsaak deur motte, insekte, ongediertes of roes;
2. gevolglike verlies deur enige oorsaak van watter aard ook al;
3. skade aan buitebande van die sleepwa deur lekkasies, snye of barste terwyl op pad;
4. skade aan vere van die sleepwa weens ongelykhede van die pad of ander oppervlaktes;
5. verlies van, of skade aan, of herstelkoste van:
5.1 meganiese of elektriese onklaarraking, weiering of breekskade;
5.2 motors, elektriese masjinerie, batterye en hulle aansluitings (insluitend die skroefas en skroef) en insluitende metallisering en herstelwerk daaraan, tensy veroorsaak deur:
5.2.1 die versekerde vaartuig gestrand, gesink, verbrand, aan die brand, in ʼn botsing, of in aanraking is met enige uitwendige voorwerp (insluitende ys, maar uitgesluit water);
5.2.2 diefstal van die hele vaartuig of deur diefstal wat gepaard gaan met wesenlike, gewelddadige, sigbare betreding of verlating van sodanige versekerde vaartuig, of bergingsplek, of diefstal van die buiteboordmotor(s) wat behoorlik aan die vaartuig vasgesluit is deur middel van 'n diefstal afwerendetoestel bo en behalwe die gewone wyse van aanhegting daarvan, of deur brand in 'n opbergingsplek aan wal, of terwyl sodanige eiendom verwyder word van, of geplaas word in die versekerde vaartuig;
5.2.3 deur ontploffing, aardbewing, kwaadwillige dade, lugvaartuie of ander lugtoestelle of voorwerpe wat daarvan of daaruit val;
6. verlies van of skade aan seile en skutbedekkings geskeur deur wind of weggewaai terwyl gespan, TENSY:
6.1 veroorsaak deurdat die versekerde vaartuig gestrand, gesink, verbrand, aan die brand, of in ʼn botsing, of in aanraking is met enige uitwendige voorwerp (insluitende ys, maar uitgesluit water);
6.2 as gevolg van skade aan die rondhoute waaraan die seile geheg is;
7. skade as gevolg van skrape of kneusing en/of duike en die koste verbonde aan die oorverf, of die -vernis teweeggebring deur transito of gedurende oplaai of aflaai;
8. verlies van, of skade aan duik- of visvangtoerusting, of ander sporttoerusting wat regstreeks toe te skryf is aan die gebruik van sodanige toerusting vir die doel waarvoor dit vervaardig is;
9. enige verlies, of onkoste aangegaan alleenlik deur 'n ontwerpfout te herstel, of in die geval van skade wat voortspruit uit foutiewe ontwerp en wat tot 'n eis aanleiding gee onder die voorwaardes van hierdie versekering, vir enige bykomende uitgawes aangegaan vir die verbetering of wysiging in ontwerp, of vir die koste en uitgawes om enige deel te vervang, of te herstel wat afgekeur is slegs as gevolg van 'n onafskeidelike gebrek of fout, of gebrek in ontwerp, of konstruksie;
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 325








































































   325   326   327   328   329