Page 329 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 329
Motorbote, seiljagte en klein vaartuie
ALTYD MET DIEN VERSTANDE DAT:
ingeval die Versekerde aanspreeklik word ten opsigte van 'n eis of eise wat voortspruit uit enige een ongeluk of ʼn reeks ongelukke as gevolg van, of voortspruitend uit enige een voorval of gebeurtenis wat skadevergoeding meebring ingevolge meer as een Onderafdeling van hierdie Afdeling, die Maatskappy se aanspreeklikheid beperk sal wees in geheel tot R2 500 000 (twee miljoen vyf honderd duisend rand).
2. Slegs ten opsigte van Jetski’s
Die aanspreeklikheid van die Maatskappy ten opsigte van:
1. die toevallige dood en/of liggaamlike beserings en/of siekte; en/of
2. die toevallige verlies van of skade aan eiendom; en/of
3. koste en uitgawes
sal beperk wees tot die bedrae hieronder uiteengesit ten opsigte van enige een ongeluk of reeks ongelukke veroorsaak deur, of wat ontstaan uit enige een gebeurtenis of voorval:
Aanspreeklikheid
Teenoor Derde partye
Koste en Uitgawes
Skadeloosstellingsperk
R500 000 Van die gegewe perk vermeld in die Skedule van toepassing watter ook al die meeste is
R10 000 In geheel vir 1, 2 en 3 hierbo
ALTYD MET DIEN VERSTANDE DAT:
ingeval die Versekerde aanspreeklik word ten opsigte van 'n eis of eise wat voortspruit uit enige een ongeluk of ʼn reeks ongelukke as gevolg van, of voortspruitend uit enige een voorval of gebeurtenis wat skadevergoeding meebring ingevolge meer as een Onderafdeling van hierdie Afdeling, die Maatskappy se aanspreeklikheid beperk sal wees in geheel tot R1 000 000 (een miljoen rand).
SPESIFIEKE UITSONDERINGS (van toepassing op Onderafdeling B)
Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees nie kragtens hierdie Onderafdeling ten opsig van:
1. dood van of liggaamlike besering aan of siekte van:
1.1 enige persoon wat 'n lid van die Versekerde se huishouding of 'n lid van die Versekerde se gesin is;
1.2 werknemers of enige persoon in diens van die Versekerde in enige hoedanigheid wat ook al, wat ontstaan uit, en in die loop van sodanige diens;
1.3 enige persoon wat vervoer word in, of op die sleepwa vermeld in die Skedule;
2. verlies van of skade aan eiendom:
2.1 wat aan die Versekerde behoort of wat verhuur, gehuur of geleen is aan, of wat in trust gehou word deur, of wat onder die toesig, of die beheer is van, of wat in bewaring is deur, of namens die Versekerde;
2.2 wat vervoer word, of vervoer gaan word in, of op die vaartuig en/of sleepwa, behalwe ten opsigte van eiendom wat aan passasiers en waterskiërs behoort, met dien verstande dat die aanspreeklikheid van waterskiërs ingesluit is in hierdie Afdeling van die Skedule;
3. eise vir skadevergoeding ten opsigte van betalende passasiers;
4. aanspreeklikheid kragtens ooreenkoms aanvaar, tensy die Versekerde aanspreeklik sou gewees het nieteenstaande sodanige ooreenkoms;
5. enige raad of behandeling, behalwe noodhulpbehandeling gegee, of toegedien deur die Versekerde, of deur enige ander persoon namens die Versekerde;
6. ongelukke wat plaasvind terwyl die vaartuig en/of sleepwa in transito per pad is, of geheg is aan 'n motorvoertuig, of weggebreek het van, of per ongeluk losgeraak het van 'n motorvoertuig, insluitende enige aanspreeklikheid wat die onderwerp van skadeloosstelling is ingevolge enige vorm van motorvoertuigversekering (hetsy sodanige versekering deur enige wet verplig word, al dan nie) ondanks die feit of sodanige versekering van krag is of aangegaan is of nie;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 327