Page 331 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 331

 Motorbote, seiljagte en klein vaartuie
 MET DIEN VERSTANDE DAT:
die algehele aanspreeklikheid van die Maatskappy nie die skadeloosstellingsperk vermeld in die Skedule oorskry nie.
Navigasie deur ander persone – slegs ten opsigte van plesiervaartuie
Die bepalings van Aanspreeklikheid van hierdie Afdeling word uitgebrei om van krag te wees ten opsigte van enige persoon behalwe:
1. 'n persoon wat 'n skeepswerf, herstelwerf of sleephelling bestuur of beheer of daarby in diens is;
2. 'n persoon wat 'n seiljag-, motorbootklub, verkoopsagentskap of soortgelyke organisasie beheer of bestuur of daarby in diens is;
terwyl hy/sy die vaartuig in die Skedule vermeld navigeer of in bevel van sodanige vaartuig is op die bevel van of met die toestemming van die Versekerde;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. sodanige persoon nie geregtig is op skadeloosstelling ingevolge enige ander Polis nie;
2. sodanige persoon, asof hy/sy die Versekerde was, die bepalings, uitsonderings en voorwaardes van hierdie Afdeling vir sover dit van toepassing kan wees, nakom, uitvoer en daaraan onderworpe sal wees;
3. sodanige persoon nie seiljag- of motorbootversekering of die voortsetting daarvan geweier is deur enige ander versekeringsmaatskappy of -onderskrywer nie.
Ontvallingskoste
In geval van ʼn ongeluk ten opsigte van die versekerde vaartuig, wat binne drie (3) maande lei tot die dood van die Versekerde en/of die Versekerde se gade, sal die Maatskappy R10 000 (tien duisend rand) aan die Versekerde se boedel betaal as ʼn bydrae tot ontvallingskoste.
Opskortende verkoopsooreenkoms
Indien die vaartuig, na die wete van die Maatskappy, onderworpe is aan ʼn opskortende verkoops- of soortgelyke ooreenkoms, sal sodanige betaling gemaak word aan die eienaar wat daarin beskryf word, wie se kwitansie as volle en finale ontslag vir die Maatskappy ten opsigte van sodanige skade of verlies sal dien.
Traumabehandeling
In die geval van mediese uitgawes wat nie andersins verseker is nie, sal die Maatskappy tot en met 'n bedrag van R5 000 (vyf duisend rand) per gebeurtenis betaal vir traumabehandeling by 'n sielkundige indien die Versekerde en/of gade behandeling benodig weens kaping of poging daartoe van die versekerde vaartuig.
Tydperke uit die vaart geneem
Daar sal geen terugbetaling van premies wees ten opsigte van tydperke waartydens die vaartuig uit die vaart geneem is nie.
Verlies van brandstof
Die dekking verleen ingevolge Onderafdeling A van die Afdeling word uitgebrei om die verlies van brandstof vanuit die petroltenk van die vaartuig in die Skedule vermeld in te sluit, wat veroorsaak is deur:
1. ʼn botsing van die betrokke vaartuig; of
2. diefstal of kaping van die vaartuig, of enige poging daartoe, wat gepaard gaan met geweld of dreigement van geweld
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Versekerde bewys moet lewer van die hoeveelheid brandstof wat in die betrokke vaartuig se petroltenk was ten tye van die verlies;
2. die Maatskappy se aanspreeklikheid sal beperk word tot R1 000 (een duisend rand) vir enige enkele gebeurtenis
3. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van R250 (twee honderd en vyftig rand).
Die Versekerde sal alle ander eerste bedrae betaalbaar wat bykomend tot die oorspronklike eis is betaal.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 329
 




































































   329   330   331   332   333