Page 330 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 330
7. aanspreeklikheid van, of teenoor water- of valskermskiërs, tensy spesifiek verseker ingevolge Aanspreeklikheid ten opsigte van water- of valskermskiërs – slegs ten opsigte van plesiervaartuie.
ONDERAFDELING C – MEDIESE UITGAWES OMSKREWE GEBEURTENISSE
Indien ʼn opvarende in die gespesifiseerde deel van ʼn vaartuig hieronder beskryf regstreeks in verband met sodanige vaartuig op gewelddadige, toevallige, uitwendige en sigbare wyse liggaamlike besering opdoen, betaal die Maatskappy aan die Versekerde die mediese onkoste in verband met sodanige besering tot hoogstens ʼn bedrag van R10 000 (tien duisend rand) per beseerde opvarende en R 50 000 (vyftig duisend rand) in geheel vir alle beseerde opvarendes as gevolg van ʼn voorval of ʼn reeks voorvalle voortspruitende uit een gebeurtenis.
Die bedrag betaalbaar ingevolge hierdie Onderafdeling word verminder met enige bedrag wat ingevolge enige Ongevallevergoeding- of soortgelyke Wetgewing of onder enige mediese-uitgaweskema of mediese versekering verhaalbaar is.
Die uitdrukking “Mediese Onkoste” sluit in enige koste wat aangegaan word in verband met sodanige opvarende se bevryding uit sodanige vaartuig of sy/haar vervoer na ʼn plek waar mediese behandeling toegedien kan word.
KLOUSULES EN UITBREIDINGS
Afstanddoening van subrogasieregte
Die Maatskappy doen vir die doel van hierdie Afdeling afstand van alle subrogasie- of gedingvoeringsregte wat hulle mag hê of wat hulle mag verkry teen enige ander persoon op wie die skadeloosstelling hierkragtens van toepassing is, en elke sodanige persoon moet die Bepalings, Uitsonderings en Voorwaardes (Algemeen sowel as Spesifiek) van hierdie versekering nakom, uitvoer en daaraan onderworpe wees in soverre dit van toepassing mag wees.
Eerste bedrag betaalbaar
Ten opsigte van ieder en elke gebeurtenis wat tot ʼn eis ingevolge Onderafdeling A aanleiding gee, sal die Versekerde verantwoordelik wees vir die Eerste Bedrag Betaalbaar wat in die Skedule vermeld word (na gelang van die Omskrewe Gebeurtenis), van enige uitgawe (of enige mindere uitgawe wat aangegaan mag word), waarvoor voorsiening gemaak word ingevolge Onderafdeling A (insluitende enige betaling ten opsigte van koste, uitgawes en fooie), en van enige uitgawes wat deur die Maatskappy aangegaan is, in die uitoefening van enige gelang wat hy/sy ingevolge hierdie versekering mag hê. Indien die onkostes wat deur die Maatskappy aangegaan is enige Eerste Bedrag Betaalbaar insluit waarvoor die Versekerde verantwoordelik is, moet sodanige bedrag onverwyld deur die Versekerde aan die Maatskappy terugbetaal word.
Koste en uitgawes
Die bepalings van Aanspreeklikheid van die Afdeling is uitgebrei om die volgende in te sluit:
1. die uitgawes aangegaan deur die Versekerde ingevolge sy/haar belang in die vaartuig vermeld in die Skedule ten opsigte van amptelike navrae en doodsondersoeke;
2. regskoste aangegaan in verdediging van enige regsgeding of om aanspreeklikheid te bestry;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
sodanige koste en uitgawes aangegaan word met die skriftelike toestemming van die Maatskappy;
1. alle bedrae waarvoor die Versekerde regtens aanspreeklik mag word om te betaal in verband met ongelukke toe te skryf aan, of wat beweer word om toe te skryf te wees aan noodhulpbehandeling toegedien deur, of beskikbaar gestel deur die Versekerde;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
enige aanspreeklikheid ten opsigte van verkeerde diagnose uitdruklik uitgesonder is.
Kruisaanspreeklikhede
Waar meer as een Versekerde in die Skedule vermeld word, stel die Maatskappy elke Versekerde afsonderlik, en nie gesamentlik nie, skadeloos en enige aanspreeklikheid wat tussen sodanige Versekerdes ontstaan, word hanteer asof afsonderlike Polisse aan elk uitgereik is;
Motorbote, seiljagte en klein vaartuie
Bladsy | 328 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022