Page 332 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 332
Motorbote, seiljagte en klein vaartuie
Verlies van slotte, sleutels, sentrale sluitstelsels en afstandbeheerders
Die Maatskappy stel die Versekerde skadeloos ten opsigte van die koste van die vervanging van slotte, sleutels, sentrale sluitstelsels en afstandbeheerders insluitende die alarm-afstandbeheerder en, indien nodig, die herprogrammering van enige gekodeerde alarmstelsel van enige versekerde vaartuig ná verlies van enige sleutel of alarmbeheerder van sodanige vaartuig of, nadat die Versekerde rede het om te glo dat enige ongemagtigde persoon van ʼn duplikaat van sodanige sleutel of alarmbeheerder in besit mag wees;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van enige enkele gebeurtenis hoogstens R15 000 (vyftien duisend rand) sal beloop.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
2. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R1 250 (een duisend twee honderd en vyftig rand) ten opsigte van ieder en elke eis;
Wrakverwydering
Die dekking verleen ingevolge Onderafdeling A van hierdie Afdeling word uitgebrei om koste en uitgawes in te sluit wat deur die Versekerde aangegaan word, ten opsigte van die opruiming en verwydering van puin en wrakstukke van enige versekerde vaartuig ná skade aan sodanige vaartuig deur ʼn Omskrewe Gebeurtenis opgedoen is terwyl dit vervoer word op enige pad;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
Bykomend tot die skadeloosstellingsperk ingevolge Onderafdeling A van hierdie Afdeling, sal die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van enige enkele gebeurtenis hoogstens R10 000 (tien duisend rand) beloop.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
OPSIONELE KLOUSULES EN UITBREIDINGS (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule) Aanspreeklikheid teenoor nie-betalende passasiers – slegs ten opsigte van plesiervaartuie
Skadevergoeding waarvoor die Versekerde regtens aanspreeklik word om te betaal as gevolg van:
1. die toevallige dood van, of liggaamlike besering aan, of siekte van enige persoon;
2. die toevallige verlies van, of skade aan die eiendom van enige persoon;
terwyl hy/sy op die vaartuig wat in die Skedule beskryf is, reis of terwyl hy/sy daarop aan boord gaan of daarvandaan aan wal gaan
MET DIEN VERSTANDE DAT:
sodanige passasier(s) nie teen vergoeding vervoer word nie.
Aanspreeklikheid ten opsigte van water- of valskermskiërs – slegs ten opsigte van plesiervaartuie
Skadevergoeding waarvoor die Versekerde regtens aanspreeklik word om te betaal as gevolg van:
1. die toevallige dood van, of liggaamlike besering aan, of siekte van enige persoon;
2. die toevallige verlies van, of skade aan die eiendom van enige persoon;
wat besig is om te water- of valskermski terwyl op sleeptou geneem deur die vaartuig wat in die Skedule beskryf word, of terwyl sodanige persone gereed maak om op sleeptou geneem te word, of nadat hulle op sleeptou was en, totdat hulle veilig aan boord van sodanige vaartuig is, insluitende aanspreeklikheid soos omskryf ten opsigte van:
1. die toevallige dood van, of liggaamlike besering aan, of siekte van enige persoon;
2. die toevallige verlies van, of skade aan eiendom van enige persoon;
opgedoen deur water- of valskermskiërs wat optree saam met die vaartuig in die Skedule beskryf;
Bladsy | 330 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022