Page 333 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 333
Motorbote, seiljagte en klein vaartuie
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. sodanige water- of valskermskiërs nie geregtig is op skadeloosstelling ingevolge enige ander Polis nie;
2. sodanige water- of valskermskiër, asof hy/sy die Versekerde was, die bepalings, uitsonderings en voorwaardes van hierdie Afdeling, in soverre as wat dit van toepassing kan wees, nakom, uitvoer en daaraan onderworpe sal wees.
Krediettekort
Indien enige algehele verliesskikking ingevolge Onderafdeling A minder is as die bedrag wat aan die finansier verskuldig is ingevolge ʼn huidige afbetalings- of bruikhuurooreenkoms, betaal die Maatskappy aan die Versekerde ʼn bykomende bedrag gelykstaande aan die tekort, minus:
1. enige agterstallige paaiemente of huurgeld insluitende rente betaalbaar op sodanige agterstallige bedrae;
2. alle premie-terugbetalings vir kansellasie van enige versekeringsdekking wat met die vaartuig verband hou;
3. die verhoogde paaiemente of huurgeld wat betaal sou word indien daar geen reskapitaalwaarde aan die einde van die finansieringstydperk bestaan het nie, bereken tot die maand waarin die eis geskik word;
4. die eerste bedrag betaalbaar ingevolge Onderafdeling A;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die bedrae betaalbaar hoogstens maksimum skadeloosstelling minus die Eerste Bedrag Betaalbaar ingevolge Onderafdeling A beloop;
2. hierdie endossement nie van toepassing is op ʼn ooreenkoms ingevolge waarvan die bedrag van enige enkele paaiement, buiten die finale reswaarde-bedrag ná die aanvanklike paaiement, met meer as 10% (tien persent) van enige ander paaiement verskil nie;
3. indien sodanige tekort die resultaat is van ʼn hervoorskot ingevolge ʼn afbetalingsooreenkoms of herfinansiering ingevolge ʼn bruikhuurooreenkoms, die versekering ingevolge hierdie Uitbreiding nietig verklaar word;
4. die bedrag betaalbaar onder hierdie Uitbreiding nie die gegewe bedrag vermeld in die Skedule sal oorskry nie, onderworpe aan die Bepalings, Uitsonderings en Voorwaardes van hierdie Uitbreiding.
Oproer en staking
Onderworpe aan die Bepalings, Voorwaardes, Uitsluitings, Uitsonderings en Waarborge wat daarin vervat word, word hierdie Afdeling uitgebrei om skade in te sluit wat regstreeks veroorsaak word deur, of deur middel van, of as gevolg van:
1. burgerlike beroering, arbeidsonluste, oproer, staking of uitsluiting;
2. die optrede van enige wettig ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word met enige gebeurtenis waarna in (1) hierbo verwys word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Uitbreiding sal nie die volgende insluit nie:
1. verlies of skade wat binne die Republiek van Suid-Afrika en Namibië plaasvind;
2. gevolglike of onregstreekse verlies of skade van enige aard of beskrywing hoegenaamd, behalwe verlies aan huurgeld, indien dit spesifiek verseker is;
3. verlies of skade wat voortspruit uit die algehele of gedeeltelike staking van werk, of die vertraging of onderbreking of staking van enige proses of werksaamheid;
4. verlies of skade wat veroorsaak word deur permanente of tydelike besitsontneming wat spruit uit die konfiskering, kommandering of rekwisisie deur enige wettig ingestelde owerheid;
5. verlies of skade wat verband hou met of veroorsaak word deur enige gebeurtenis waarna daar in Algemene Uitsondering 1.1.2, 1.1.3, 1.1.4, 1.1.5 of 1.1.6 van hierdie Polis verwys word, of enige optrede van enige wettig ingestelde owerheid in beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word, met sodanige gebeurtenis.
Indien die Maatskappy uit hoofde van voorbehoudsbepaling 1, 2, 3, 4 of 5 hierbo kan bewys dat hierdie Afdeling nie verlies of skade insluit nie, rus die onus op die Versekerde om die teendeel te bewys.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 331