Page 334 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 334

 Versteekte voorwerpe onder die water – insluitende buiteboordmotors
Nieteenstaande enigiets strydig vervat in Besondere Uitsondering 11 van toepassing op Afdeling A – Eie Skade hierbo, word hierdie Afdeling uitgebrei om die volgende in te sluit:
verlies van of skade aan die vaartuig/vaartuie (uitgesonderd rompe van rubbervaartuie) wat regstreeks toe te skryf is aan versteekte voorwerpe onder die water.
Versteekte voorwerpe onder die water – uitgesonderd rubbervaartuie en buiteboordmotors
Nieteenstaande enigiets strydig vervat in Besondere Uitsondering 11 van toepassing op Afdeling A – Eie Skade hierbo, word hierdie Afdeling uitgebrei om die volgende in te sluit:
verlies van, of skade aan rompe (uitgesonderd rubbervaartuie en buiteboordmotor[s]) wat regstreeks toe te skryf is aan versteekte voorwerpe onder die water.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS (van toepassing op alle Onderafdelings)
Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees nie vir enige ongeval, besering, verlies, skade of aanspreeklikheid van enige aard hoegenaamd en/of onregstreeks veroorsaak deur, of bygedra tot, of voortspruitend uit:
1. gevangeneming, beslaglegging, arrestasie, beperking of aanhouding en die gevolge daarvan of enige poging daartoe; asook die gevolg van vyandelikhede of krygsverrigtinge, hetsy oorlog verklaar is al dan nie, maar hierdie uitsondering sal nie botsing, aanraking met enige vaste of drywende voorwerp (buiten ʼn seemyn of torpedo), stranding, swaar weer of brand, uitsluit nie, tensy regstreeks veroorsaak (en onafhanklik van die aard van die vaart, of die diens wat die vaartuig besig is om te lewer of, in die geval van ʼn botsing, enige ander vaartuig daarby betrokke) deur ʼn vyandelike handeling deur of teen ʼn strydlustige moondheid; en vir die doeleindes van hierdie Uitsluiting sluit “moondheid” enige owerheid in wat ʼn vloot, lugmag en ander militêre magte in stand hou in samewerking met ʼn moondheid;
2. seeroof;
3. die optrede van enige wettig ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word met enige gebeurtenis waarna in Klousules 1 en 2 hierbo verwys word.
Indien die Maatskappy uit hoofde van Klousules 1 tot 3 hierbo beweer dat hierdie Afdeling nie verlies of skade insluit nie, rus die onus op die Versekerde om die teendeel te bewys.
SPESIFIEKE VOORWAARDES Eise
Die bewoording van Algemene Voorwaarde 8 is gewysig om as volg te lees:
1. Kennisgewing van eise
Indien die geografiese grense en kruisafstand by wyse van Endossement uitgebrei is, moet die naaste Lloyd’s Agent onmiddellik daarvan in kennis gestel word indien 'n gebeurtenis binne sodanige uitgebreide grense plaasvind.
2. Herstelwerk en tenders
Die Maatskappy sal daarop geregtig wees om oor die hawe of plek te besluit waarheen die vaartuig geneem sal word vir vasmeer of herstelwerk;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die bykomende uitgawe ten opsigte van die reis wat voortspruit uit nakoming van die Maatskappy se vereistes, aan die Versekerde terugbetaal sal word. Die Maatskappy sal 'n vetoreg hê aangaande die plek van herstel of die hersteller en mag ook tenders aanvra, of voorskryf dat tenders aangevra word, vir die herstelwerk aan die vaartuig of ander eiendom wat ingevolge hierdie Afdeling verseker word.
3. Herstelling
Die Maatskappy is geregtig om na eie keuse enige deel van die verlore of beskadigde eiendom te herstel of te vervang in plaas daarvan om die bedrag van die verlies of skade in geld te betaal. Herstelling so redelik as wat prakties moontlik is sal as genoegsaam geag word nieteenstaande dat die vorige voorkoms en toestand van die eiendom nie presies bereik word nie. Indien die Maatskappy verkies om te herstel of te vervang sal die Versekerde, indien dit van hom verlang word die Maatskappy voorsien van alle sodanige planne, spesifikasies en inligting as wat nodig of dienstig vir die doel beskou mag word.
Motorbote, seiljagte en klein vaartuie
  Bladsy | 332 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022











































































   332   333   334   335   336