Page 336 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 336

 OMSKREWE GEBEURTENISSE
PERSOONLIKE AANSPREEKLIKHEID
Skade waarvoor die Versekerde in sy/haar private hoedanigheid regtens aanspreeklik is om te betaal, voortspruitend uit die toevallige dood of liggaamlike besering of siekte van enige persoon (hierna besering genoem) of die toevallige verlies van, of fisiese skade aan tasbare eiendom (hierna skade genoem) wat voorkom gedurende die versekeringstydperk in, op of in die omgewing van die versekerde eiendom en wat voortspruit uit die Versekerde se eienaarskap daarvan
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees om meer as die gegewe skadeloosstellingsperk vermeld in die Skedule, minus die eerste bedrag betaalbaar waarvoor die Versekerde aanspreeklik is, te betaal nie, onderworpe aan die Bepalings, Uitsonderings, Voorwaardes en Endossemente van hierdie Polis.
MEMORANDUM
Hierdie Afdeling vorm deel van die Polis en in die geval van enige teenstrydigheid tussen die Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings van die Polis en hierdie Afdeling, sal die Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings van die Polis voorkeur geniet.
VERDEDIGINGSKOSTES
Die Maatskappy sal ook die volgende betaal:
1. alle ander kostes, onkostes, uitgawes en regskostes verhaalbaar vanaf die Versekerde deur enige eiser of ʼn aantal eisers, of aangegaan deur die Maatskappy of aangegaan deur die Versekerde, met die vooraf skriftelike toestemming van die Maatskappy:
1.1 in die verdediging of skikking van enige eis onder hierdie Afdeling van die Polis, of enige aksie of vervolging van die Versekerde as gevolg van liggaamlike besering, verlies van, of skade aan eiendom of enige ander aanspreeklikheid soos verseker in terme van die Afdeling van die Polis;
1.2 in die verteenwoordiging van enige ondersoek of ongeluksondersoek as gevolg van liggaamlike beserings wat die onderwerp van skadeloosstelling onder hierdie Afdeling van die Polis mag wees en/of die verdediging in eerste instansie verrigtinge van enige hof met betrekking tot sake wat die onderwerp van skadeloosstelling onder hierdie Afdeling van die Polis mag wees.
Dit word verstaan en ooreengekom dat die bogenoemde Regskostes, waartoe die Maatskappy mag instem om te betaal van tyd tot tyd, nie bykomend tot die gegewe Aanspreeklikheid skadeloosstellingsperk vermeld in die Skedule sal wees nie. Die Maatskappy se algehele aanspreeklikheid sal nie die Aanspreeklikheid skadeloosstellingsperk oorskry nie.
ONREGMATIGE INHEGTENISNAME EN LASTER
Die Maatskappy sal ook die koste betaal:
1. wat voortspruit uit onregmatige inhegtenisname (insluitende aanranding in verband met sodanige onregmatige inhegtenisname); en
2. ten opsigte van lasterlike stellings;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy hoogstens R150 000 (een honderd en vyftig duisend rand) vir enige enkele gebeurtenis of R250 000 (twee honderd en vyftig duisend rand) in geheel gedurende enige een versekeringstydperk betaal.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
Persoonlike aanspreeklikheid
   Bladsy | 334 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022













































































   334   335   336   337   338