Page 338 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 338

 4. 4.1
aanspreeklikheid ten opsigte van besering, skade of verlies aan die gebruik van eiendom wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak word deur deursypeling, besoedeling of kontaminasie met dien verstande altyd dat hierdie Uitsondering nie van toepassing is nie waar sodanige deursypeling, besoedeling of kontaminasie deur 'n skielike, onbeplande en onvoorsiene gebeurtenis veroorsaak word;
4.2 die koste van die verwydering, vernietiging of opruiming van deursypelende, besoedelende of kontaminerende stowwe, tensy die deursypeling, besoedeling of kontaminasie deur 'n skielike, onbeplande en onvoorsiene gebeurtenis veroorsaak word.
Hierdie Uitsondering brei nie die Afdeling uit om enige aanspreeklikheid in te sluit wat, by die afwesigheid van hierdie Uitsondering, nie ingevolge hierdie Afdeling verseker sou wees nie.
5. boetes, bestraffings of bestraffende skadevergoeding;
6. 6.1 skadevergoeding ten opsigte van uitsprake wat in die eerste instansie gelewer is deur, of verkry is in, ʼn ander hof as ʼn hof met regsbevoegdheid binne die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho en Eswatini (voormalige Swaziland).
6.2 koste en uitgawes vir litigasie verhaalbaar deur enige eiser ten opsigte van uitsprake wat in die eerste instansie nie gelewer word in die hof in die gebied in 6.1 hierbo beskryf word nie;
7. aanspreeklikheid ten opsigte van dood, liggaamlike beserings, siekte, verlies of skade wat verband hou met, of veroorsaak is deur:
7.1 enige beroep of besigheid van die Versekerde;
7.2 opsetlike of kwaadwillige handelinge;
7.3 plofstowwe, gewere of vuurwapens;
7.4 lugvaartuig (uitsluitend modelvliegtuie), hommeltuie, voertuie, sleepwaens, motorbote, seiljagte of vaartuie;
8. eise vir skadevergoeding en regskoste en uitgawes ten opsigte van dood, besering of siekte wat toegeskryf kan word aan ʼn geleidelik-werkende oorsaak wat nie as gevolg van ʼn skielike en herkenbare ongeluk of gebeurtenis geskied nie;
9. koste en uitgawes aangegaan na die datum waarop die Maatskappy betaal het, of aangebied het om óf die volle bedrag van die eis óf die volle bedrag verhaalbaar ten opsigte van enige gebeurtenis, te betaal.
Persoonlike aanspreeklikheid
 SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Die Maatskappy sal onder hierdie Afdeling nie aanspreeklik wees nie vir:
1. besering of skade toegedien deur:
1.1 enige lid van dieselfde huishouding of familie as die Versekerde;
1.2 enige persoon wat by die Versekerde ingevolge 'n diens- of vakleerlingskapskontrak in diens is, en wat regstreeks ontstaan uit en in die loop van sodanige diens by die Versekerde;
1.3 enige ander persoon as gevolg van die eienaarskap van, of die gebruik, deur of namens die Versekerde van meganies-aangedrewe voertuie (behalwe trapfietse en grassnyers).
2. skade aan eiendom:
2.1 2.1.1 wat aan die Versekerde behoort;
2.1.2 wat in die bewaring of onder die beheer van die Versekerde of enige werknemer van die Versekerde is;
2.2 wat veroorsaak is deur vibrasie of deur die verwydering of verswakking of versteuring van die stut van enige grond, gebou of ander struktuur.
3. aanspreeklikheid wat deur die Versekerde onder ʼn kontrak of ooreenkoms aanvaar word, tensy sodanige aanspreeklikheid aan die Versekerde gebind sou kon word in die afwesigheid van die genoemde kontrak of ooreenkoms;
 Bladsy | 336 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022








































































   336   337   338   339   340