Page 339 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 339

 Persoonlike aanspreeklikheid
 MEMORANDA
1. Indien meer as een Versekerde gesamentlik in die Skedule vermeld word, stel die Maatskappy elke Versekerde afsonderlik en nie gesamentlik nie, skadeloos en enige aanspreeklikheid wat tussen sodanige Versekerdes ontstaan, word hanteer asof afsonderlike Polisse aan elk uitgereik is, met dien verstande dat die algehele aanspreeklikheid van die Maatskappy nie verhoog word bó die skadeloosstellingsperk wat in die Skedule vermeld word nie;
2. Met dien verstande dat die algehele aanspreeklikheid van die Maatskappy nie verhoog bó die skadeloosstellingsperk wat vermeld word nie, stel die Maatskappy ook skadeloos asof 'n afsonderlike Polis aan elkeen uitgereik is;
3. Slegs ten opsigte van hierdie Onderafdeling word Algemene Uitsondering 1 geskrap en deur die volgende vervang: "Hierdie Onderafdeling sluit nie besering, skade of aanspreeklikheid wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak is deur, of verband hou met, of die gevolg is van, oorlog, inval, die optrede van 'n buitelandse vyand, vyandelikhede (hetsy oorlog verklaar is al dan nie), burgeroorlog, muitery, opstand, rebellie, revolusie, militêre of geüsurpeerde gesag in nie";
4. Indien skadeloosstelling ingevolge enige ander versekering voorsien word ten tye van enige voorval wat lei tot 'n eis ingevolge die Onderafdeling, sal hierdie Onderafdeling nie saam met enige ander versekering bydra nie, behalwe met betrekking tot enige bedrag bó die bedrag wat deur sodanige ander versekering betaalbaar is.
5. Nieteenstaande Spesifieke Uitsondering 3 sal die Maatskappy die Versekerde skadeloosstel indien ʼn tuindienste- maatskappy onder kontrak aangestel is om die tuin by die perseel, soos in die Skedule gestipuleer, in stand te hou en regtens aanspreeklik is vir die aksies of versuim van die werknemers van die tuindienste in die uitvoer van hul pligte by die perseel.
KLOUSULES EN UITBREIDINGS
Onderhewig aan al die Bepalings, Uitsonderings, Voorwaardes en Endossemente in verband met hierdie Afdeling van die Polis, sal die Versekerde soos hieronder skadeloos gestel word. Die som van alle betalings gemaak ingevolge hierdie Uitbreidings, sal deel uitmaak van, en nie bykomend tot, die Skadeloosstellingsperk wees nie. Die Uitbreidings is ook onderhewig aan die gegewe bybetaling vermeld in die Skedule.
Statutêre regsverdedigingskoste
Die Maatskappy sal betaal vir regskoste aangegaan deur die Versekerde of huishoudelike werknemer van die Versekerde, vir die verdediging of vervolging (insluitend ʼn appèl teen ʼn skuldigbevinding), vir ʼn oortreding van die wet of gewysigde wetgewing met soortgelyke voorneme verordinering in Suid-Afrika, wat gepleeg, of na bewering gepleeg is, tydens die versekeringstydperk.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die vervolging voortspruit uit ʼn gebeurtenis wat die onderwerp van hierdie Onderafdeling is;
2. die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees vir enige boete of bestraffing nie;
3. die Versekerde nie op skadeloosstelling kragtens enige ander Polis geregtig is nie;
4. die geding nie na aanleiding van enige opsetlike handeling of versuim van die volgende persone is nie:
4.1 die Versekerde;
4.2 enige huishoudelike werknemer met enige spesifieke verantwoordelikheid vir nakoming van enige wetgewing en van wie redelikerwys verwag kan word om die genoemde wetgewing te oortree.
die Maatskappy sal hoogstens R150 000 (een honderd en vyftig duisend rand) per gebeurtenis of R250 000 (twee honderd en vyftig duisend rand) in geheel gedurende enige een versekeringstydperk betaal. Die Versekerde is verantwoordelik vir die eerste bedrag betaalbaar van R2 500 (twee duisend vyf honderd rand) vir ieder en elke eis.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 337














































































   337   338   339   340   341