Page 341 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 341
Uitgebreide persoonlike aanspreeklikheid
Indien ʼn gebeurtenis aanleiding gee tot ʼn eis of ʼn reeks eise wat die onderwerp van skadeloosstelling vorm onder meer as een geldige afdeling van hierdie Afdeling van die Polis, sal die algehele bedrag van die Maatskappy se aanspreeklikheid ten alle tye beperk wees tot die grootste skadeloosstellingsperk beskikbaar onder enige een van die geldige afdelings in hierdie Afdeling van die Polis wat skadeloosstelling vir die eis of ʼn reeks eise kan bied.
Die skadeloosstellingsperk sal na gelang van die Skedule bepaal word of sodanige ander perk wat van toepassing mag wees kragtens ʼn endossement of spesifieke onderafdeling-perk in hierdie Afdeling van die Polis uiteengesit.
3. Eerste bedrag betaalbaar
die gegewe bedrag vermeld in die Skedule, wat die Versekerde vir elke gebeurtenis sal betaal ten opsigte van alle skade, die eiser se koste en uitgawes en Regs-verdedigingskoste (insluitend ondersoekkoste, behalwe die maatskappy se eie salaris en ander interne koste), voordat die Maatskappy aanspreeklik sal wees om enige betaling kragtens hierdie Afdeling van die Polis te maak
SPESIFIEKE VOORWAARDES
1. Skadeloosstelling word deur hierdie Afdeling verleen op voorwaarde dat daar ten tye van die gebeurtenis 'n Onderliggende Versekeringspolis van krag is wat wesenlik dekking verleen vir die tipe aanspreeklikheid waarvoor skadeloosstelling hierkragtens versoek word en op voorwaarde dat die Versekerde nie strydig met die bepalings van so 'n Onderliggende Versekering optree nie.
2. Die Afdeling is onderhewig aan die wette van die Republiek van Suid-Afrika, Namibië en Botswana wie se howe uitsluitlike regsbevoegdheid het ten opsigte van enige dispuut tussen die Maatskappy en die Versekerde.
3. Skriftelike kennis moet so spoedig moontlik aan die Maatskappy gegee word van enige gebeurtenis wat tot 'n eis ingevolge hierdie Afdeling aanleiding mag gee en die Versekerde moet sodanige verdere inligting voorsien wat die Maatskappy redelikerwys mag vereis. Elke eis, lasbrief, dagvaarding of prosesstuk en alle verwante dokumente moet so spoedig moontlik aan die Maatskappy besorg word.
Onopsetlike versuim om sodanige kennis te gee omdat die Versekerde nie redelikerwys kon voorsien dat die gebeurtenis tot 'n eis ingevolge hierdie Afdeling aanleiding sou gee nie, sal nie as 'n verbreking van hierdie voorwaarde beskou word nie.
4. Ten opsigte van enige eis wat nie ten minste gedeeltelik deur 'n Onderliggende Versekering ingesluit word nie, mag die Maatskappy die verdediging of skikking van enige eis in die naam van die Versekerde oorneem en vervolg en in die naam van die Versekerde tot sy eie voordeel enige eis om skadeloosstelling of skadevergoeding of andersins vervolging en volle seggenskap hê in die vervolging van enige geding en in die skikking van enige eis. Die Versekerde moet al die inligting verskaf en bystand verleen wat die Maatskappy mag verlang.
5. Die skadeloosstelling kragtens hierdie Afdeling verleen ten opsigte van deursypeling, besoedeling of kontaminasie wat nie deur skielike, onvoorsiene, onbeplande en onopsetlike gebeurtenisse veroorsaak word nie, is beperk tot R250 000 (twee honderd en vyftig duisend rand) in die geheel in enige 12 (twaalf) maande tydperk van versekering.
6. In die geval van 'n eis waarvoor die Maatskappy vir die maksimum bedrag kragtens enige item betaalbaar aanspreeklik is, sal die algehele bedrag van uitstaande paaiemente vir daardie item tot aan die einde van die huidige Versekeringstydperk van die betaalbare bedrag afgetrek word.
7. Betalings ingevolge hierdie Afdeling sal gemaak word in dieselfde geldeenheid as die premiebetalings.
8. Die Maatskappy mag in die geval van enige gebeurtenis die maksimum skadeloosstellingsperk (na aftrekking van enige bedrae alreeds betaal) of enige verminderde bedrag waarvoor die eis of eise geskik kan word aan die Versekerde betaal en die Maatskappy sal daarna geen verdere aanspreeklikheid ten opsigte van sodanige gebeurtenis hê nie.
9. Geen erkenning, aanbod, belofte of betaling met betrekking tot 'n eis ingevolge hierdie Afdeling mag deur, of namens die Versekerde sonder die skriftelike toestemming van die Maatskappy gemaak, of gegee word nie. Die Versekerde moet alle redelike stappe doen om te verseker dat die onderliggende versekeraars aan hierdie voorwaarde sal voldoen en met die Maatskappy sal saamwerk, in die verdediging en skikking van enige eis wat deur beide 'n Onderliggende Versekering en hierdie Afdeling skadeloos gestel kan word en in die uitoefening van enige subrogasieregte. Die koste in die uitoefening van sodanige regte aangegaan en enige bedrae verhaal, sal aan elke party toegewys word in ooreenstemming met die bedrae betaal of betaalbaar ingevolge die onderskeie polisse.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 339