Page 342 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 342

 SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Die Maatskappy sal nie die Versekerde onder hierdie Onderafdeling skadeloosstel ten opsigte van die volgende nie:
1. wat voortspruit uit, of in die loop van die Versekerde se werk, besigheid of beroep met inbegrip van, maar nie beperk nie tot, die verkoop van enige goedere, of die lewering van enige dienste teen 'n fooi, vergoeding of enige ander teenprestasie;
2. wat voortspruit uit die verhuring en/of uithuur van enige roerende of onroerende eiendom of 'n gedeelte daarvan teen 'n fooi, vergoeding of enige ander teenprestasie;
3. vir die eerste R5 000 (vyf duisend rand) van enige eis ten opsigte van eiendom gehuur, op bruikhuur of deur die Versekerde geleen;
4. wat voortspruit uit die onverskillige verontagsaming deur die Versekerde van die moontlike gevolge van sy dade of versuim;
5. 5.1 van een Versekerde teenoor 'n ander;
5.2 teenoor enige vorige Versekerde ten opsigte van 'n gebeurtenis gedurende enige tydperk waartydens sodanige vorige Versekerde 'n Versekerde was;
6. wat voortspruit uit verlies van of skade aan eiendom tot so 'n mate dat sodanige aanspreeklikheid ingevolge enige ander versekeringspolis skadeloos gestel kan word;
7. wat voortspruit uit die eienaarskap of gebruik van enige lugvaartuig behalwe modelvliegtuie en hangsweeftuie;
8. wat die onderwerp is van statutêre of soortgelyke wetgewing wat die gebruik van motorvoertuie of sleepwaens beheer en ten opsigte van aanspreeklikheid waarvoor:
8.1 die Versekerde verplig is om versekering aan te gaan of om sekuriteit daar te stel;
8.2 die Staat of ander regeringsliggaam of owerheid verantwoordelikheid aanvaar het;
9. vir enige eis ten opsigte van Motoraanspreeklikheid tensy sodanige aanspreeklikheid deur enige van die Onderliggende Versekerings skadeloos gestel kan word, buiten enige eis uitgesluit alleenlik op grond van enige gebiedsbeperkings;
10. vir enige eis ten opsigte van Watervaartuigaanspreeklikheid tensy sodanige aanspreeklikheid skadeloos gestel kan word deur enige van die Onderliggende Versekerings, buiten enige eis uitgesluit alleenlik op grond van enige gebiedsbeperkings waar die algehele lengte van die vaartuig 10.5 (tien en ʼn half) meter oorskry;
11. vir verlies of beskadiging van enige selfaangedrewe landvoertuig, sleepwa, woonwa, water- of lugvaartuig in die Versekerde se sorg, bewaring of beheer;
12. wat voortspruit uit enige oneerlike, bedrieglike of kwaadwillige optrede van die Versekerde, of dade van fisiese aanranding of verleiding deur die Versekerde gepleeg;
13. vir betaling van enige boete, straf, veelvuldige, bestraffende skadevergoeding of wat voortspruit uit gelikwideerde skadevergoedingklousules, strafklousules of prestasiewaarborge behalwe tot die mate wat dit bewys kan word dat aanspreeklikheid in elk geval in die afwesigheid van sodanige klousules of waarborge sou bestaan het;
14. vir enige skuld;
15. vir die versuim om enige onderhoud of alimentasie of enige bedrae weens breuk van troubelofte te betaal;
16. wat voorspruit uit die aankoop, verkoop, ruilhandel of uitruiling van enige roerende of onroerende eiendom of die onvermoë van die Versekerde om aan enige verpligtinge met betrekking daartoe te voldoen;
17. vir die eerste R2 000 (twee duisend rand) van enige eis wat uit die opskorting of beëindiging van die diens van enige huishoudelike personeel voortspruit;
18. wat voortspruit uit enige toestand wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak word deur of verband hou met Menslike Immuniteitsgebreksvirus (MIV) of die mutante, afgeleides of variasies daarvan of wat in enige opsig verwant is aan Verworwe Immuniteitsgebreksindroom (Vigs) of enige sindroom of toestand van soortgelyke aard hoe dit ook genoem word;
19. wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak is deur, of waartoe die volgende bygedra het, of wat voortspruit uit:
19.1 die radioaktiewe, toksiese, plofbare of ander gevaarlike eienskappe van enige plofbare kernmontasie of kernkomponent daarvan.
Uitgebreide persoonlike aanspreeklikheid
  Bladsy | 340
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022







































































   340   341   342   343   344