Page 343 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 343
Belangrike inligting
BELANGRIKE INLIGTING
Slegs vir inligtingsdoeleindes – die volgende vorm nie deel van u versekeringskontrak nie.
1. U moet ingelig wees van enige materiële veranderinge aan die besonderhede van die Tussenganger en ons.
2. Ons mag nie u Polis kanselleer deur bloot u Tussenganger in kennis te stel nie. Daar is ʼn verpligting om seker te maak die kennisgewing is aan u gegee soos wetlik vereis word.
WAARSKUWING
3. Moet geen blanko of gedeeltelik voltooide aansoekvorms onderteken nie.
4. Voltooi alle vorms in ink.
5. Bewaar alle dokumente wat aan u oorhandig word.
6. Maak aantekeninge van wat aan u gesê word.
7. Moenie dat daar druk op u uitgeoefen word om hierdie Polis te koop nie.
8. Verkeerde inligting of nie-openbaarmaking deur u, mag ʼn invloed hê op enige eise voortspruitend uit u versekeringskontrak.
KLAGTEPROSEDURES
9. Indien u enige klagte aangaande die diens of die raad wat u van u Tussenganger ontvang het, kontak asseblief:
Sien asseblief die openbaarmakingsnota aangeheg by die Polisskedule.
10. Indien u enige klagte aangaande hierdie Polis het of die diens wat u van ons ontvang het, kontak asseblief:
Sien asseblief die openbaarmakingsnota aangeheg by die Polisskedule.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 341